Logo
web uni tv guide

Jy Is My Seun

145Telenovela13 V

5 dinge wat jy móét weet – Jy Is My Seun

Nuus
20 Maart 2023
Vind meer uit oor dié splinternuwe telenovela
Jy is my seun

Telenovelas uit Turkye het kykers die afgelope tyd oorrompel en hulle kan nie genoeg kry van dié reekse met hulle beeldskone vroue, aantreklike mans, Turkse landskappe, intriges en drama nie. En goeie nuus is dat daar ’n splinternuwe telenovela – Jy is my seun – wat vandag Maandag 20 Maart begin en beloof om kykers nes die vorige wegholsuksesreekse te boei.

Dié nuwe titel vervang die gewilde Kind van die Noodlot wat ná 148 episodes Donderdag 16 Maart tot ’n einde gekom het.

1. Daar is slegs een onskuldige persoon in hierdie verhaal – die jonge Efe. Efe is die seun van Akça, ’n prostituut se dogter, wat gedwing word om haar seun, wat sy by die boodaard Hasan gehad het, vir aanneming aan ’n welgestelde familie te gee.

2. Die welgestelde familie waar Efe gaan bly is die Karasu-familie. Efe word geweldig afgeskeep deur Şule, sy aangenome ma, nadat sy haar eie kind kry.

3. Die Karasu-familie het ’n aartsvyand – Hasan, wat ook Efe sy biologiese pa is. Hasan word uit die tronk vrygelaat en die eerste ding wat hy doen, is om Akça te gaan soek, dit terwyl Akça self enigiets sal doen om die vyfjarige Efe terug te kry…

4. Asiye het drie seuns – Hasan, Ali Kemal en Murat. Ali Kemal en Murat het dieselfde pa, maar sy hou Hasan geheim van almal. Ali Kemal en Murat weet dus nie hulle aartsvyand is eintlik hulle eii broer nie.

5. Die rolverdeling van die oorklankings sluit in Zach du Toit, Claudia Jones, Eddie de Jager, Reginald Hufkie, Susan Coetzer, Donovan Petersen en Natasja Jacobs.

Jy is my seun begin op Maandag 20 Maart om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en is van Maandae tot Donderdae op lug.