web uni tv guide
Moer n boer S2 SP BB
web uni tv guide

Moer 'n boer

144Realiteit13
Moer n boer S2 Poster

In die tweede seisoen van die realiteitsreeks "Moer ’n boer, gaan 28 boere hulle trekkers en stropers vir die opwindende wêreld van gemengde gevegkuns, oftwel MMA, verruil. Dit terwyl hulle steeds boer.

S2 | E12
11 Oktober 20:00
'S2/E12'. Elke hou in die laaste vier gevegte dra gewig, nie net vir oorwinning nie, maar vir trots, eer en boeretrots. ...

"Moer ’n boer" kom kykNET toe

News15 Julie 2025
Jy kan boer, maar kan jy, wel, jou man staan?
Moer n boer article image

In die tweede seisoen van die realiteitsreeks Moer ’n boer, wat Saterdag 26 Julie op kykNET begin, gaan 28 boere hulle trekkers en stropers vir die opwindende wêreld van gemengde gevegkuns, oftwel MMA (mixed martial arts), verruil. Dit terwyl hulle steeds boer.

Onder leiding van die UFC-vegter Cameron Saaiman en aangevuur deur die unieke charisma van die gasheer, Janneman van den Berg, gaan kykers die boere se pad van die plaas na die geveghok volg. Die reeks gaan die boere se reis na selfontdekking, hulle harde werk en toewyding, asook die kameraadskap en konflik wys. Neil Geyser en Dwain Meredith is die boere se afrigters.

“Ons is ongelooflik opgewonde om Moer ’n boer na kykNET te bring vir ’n splinternuwe seisoen,” sê Janneman. “Seisoen 1 het die harte van kykers oor die hele land verower, en hierdie jaar beloof om selfs groter, rowwer en ryker aan stories te wees. Dit gaan nie net oor gevegte in die hok nie – dis ’n viering van karakter, gemeenskap en Suid-Afrikaanse trots. Of jy nou van die plaas, die dorp of die stad af kom, jy gaan iemand sien wat jou laat sê: ‘Dis my mense daai!’” 

Janneman sê dit is vir hulle ’n reusevoorreg om deel van kykNET te word.

“In ’n tyd waar baie mense voel dinge val uitmekaar, wys Moer ’n boer vir ons weer wat dit beteken om vas te byt, op te daag en mekaar aan te moedig, selfs al is dit in ’n hok. Dis hart, drama en boere-bravade.”

In die eerste episode van die nuwe seisoen, neem 80 boere van dwarsoor die land aan uitklopuitdagings deel. Daar word 28 boere gekies, en in episode twee vind hulle uit wie die paal gehaal het. 

Hulle word in twee spanne verdeel: die rooi span en die blou span, en elke span het ’n kaptein. In episode 3 en 4 reis Janneman die land vol en ontmoet die boere op hulle plase. Hy word ook voorgestel aan die boere se mense en leer meer van hulle onderskeie boerderye.

Die reeks is egter nie net oor boer en baklei nie. Die boere moet ook hulle staal op ander maniere wys – van ’n skietkompetisie tot ’n braaikompetisie. Daar is selfs ’n episode waarin die boere die media tydens ’n perskonferensie moet trotseer.

Episode 10 se fokus is op boeresport, en van die deelnemers van seisoen 1 is daar om tou te trek, bokdrolle te spoeg en damme te bou. Natuurlik is die groot geveg by die Heartfelt Arena in Pretoria die kersie op die koek, en met Ricus de Beer – beter bekend as Radio Raps – as aankondiger langs die kryt, kan dit net pret wees.

Die reeks sluit af met episode 13 waarin Janneman, Cameron en die 28 boere mekaar vir ’n glansryke reünie ontmoet. Die episodes is 30 minute lank en beloof om propvol aksie, humor en vermaak te wees.

Nog Programme

DStv Catchup
Boer soek n vrou S17 Maint Poster

Boer Soek 'n Vrou

20:00 | 09 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Vat jou goed en trek S12 Poster

Vat Jou Goed En Trek

17:30 | 10 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Wanderlus S4 Poster

Wanderlus

18:00 | 11 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Pootpraktyk S1 Poster

Pootpraktyk

18:30 | 11 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Ysters op die platteland S1 Poster

Ysters Op Die Platteland

19:30 | 11 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Tussen Mure S1 Poster

Tussen Mure: Masculus

17:30 | 12 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Fiesta S27 Poster

Fiësta

18:00 | 12 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
1 Spoor avonture S2 Poster

1 Spoor Avonture

17:30 | 13 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144