Logo

Spoegwolf - Swart Vere (Official)

Video
17 Augustus

© Spoegwolf (PTY) LTD 2020 Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf Swart Vere is die eerste release vanaf die 6de album, Wind. Beskikbaar 1 September 2020. Vervaardig deur Spoegwolf Editing: Chris von Wielligh DOP: Johannes Pieter Nel Assistent: Hendrik Cronje Frits Visser Tristan van der Linde Rain & Wind FX: Elemental FX Swart Vere: Song deur Danie du Toit Musiek deur Spoegwolf Lirieke: as blomme soos ou foto's bruin word as die kamerkombers ineenstort het ek en my een op mekaar uitgemis maar weet ek nou dat jy myne is as die reënweer soos swaar sterre daal as mense soos monsters mekaar aanval het ek en my een amper mekaar uitgewis maar weet ek nou dat jy myne is jy is jonk in hierdie weergawe van ons maar soek my ek het al my mooi verloor in die son maar soek my in my swart vere as geboue soos ou soldate lê as almal weer die dood van ’n goeie man wil hê is ons ’n wind wat nooit sal rus en weet ek nou dat jy myne is as fonteine soos vuurwerke skiet as Die Here die hele plek uitgiet onderstebo, sal ek jou nog mis en weet ek nou dat jy myne is