Logo

Spoegwolf - Silwer (Official)

Video
27 Augustus

© Spoegwolf (PTY) LTD 2021 Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf Silwer - 3 September 2021 Beskikbaar op alle streaming platforms. Music Video: Vervaardig deur Spoegwolf Editing: Chris von Wielligh Cinematography: Eric T. Graham, Andre Badenhorst Edit Assist: Eric T. Graham Baie dankie aan Harley Davidson Cape Town! Spoegwolf is: Danie du Toit Albert van der Merwe Chris von Wielligh Moskou du Toit Hiram Koopman Silwer: Lirieke en Song deur Danie du Toit Musiek deur Spoegwolf Lirieke: ek het ons hond het uit die reën ingebring jy's vas aan die slaap my wonde sing ons het dit maklik laat lyk maar jou boots is vol modder my hande vol bloed en al daai dônners kan wag ek het ons ride uitgesort ek het die bekers gepak ons gaan ry die langpad om en die hemel is silwer jy's storm van goud die bome’s geraamtes ek sal oud word by jou en die hemel silwer jou hare is goud ons ry deur geraamtes ek wil oud word by jou ek is deur monsters gejaag as 'n kind maar ek het omgedraai ek het my vuiste gebal laat my nou opstaan soos 'n man vir jou al is daar wild en pyn vlak in my oë my verlede kan wag ek pak my hart by jou in met ons hond op die bak kan ons ry, die lang pad om en die hemel is silwer jy's storm van goud die bome is geraamtes ek sal oud word by jou en die hemel silwer jou hare is goud ons ry deur geraamtes ek wil oud word by jou
Jy sal ook hiervan hou