Logo

Spoegwolf - Bring my Geweer (Official)

Video
21 Maart

© Spoegwolf 2022 Droombrief is beskikbaar op meeste digitale platforms. Vervaardig deur Spoegwolf Editing deur Chris von Wielligh Cinematography deur Hugo Brand* 2nd cam Schalk Hanekom Pretoria en Potch footage deur Eric T Graham Bring my Geweer is deel van Droombrief. Recorded & Performed by Spoegwolf. Produced by Spoegwolf & Jürgen Von Wechmar. Engineered & Mixed by Jürgen Von Wechmar. Mastered by Tim Lengfeld. Lyrics and Song by Danie du Toit. Music by Spoegwolf. Rap verse by Albert van der Merwe. bring my geweer bring my dogter ook ek wil haar een keer sien ek het wakker gelê en jou in skrefies gehou as ek verloor dra my na die boom waar valke gereeld gaan sit ek en my broers sal mekaar weer gaan soek in die wind sal my waarheid hou tot by jou waarookal jy nou is? ons was drenkelinge, enkelinge saam word die stroom ons rus trek af die gordyn maak die ysterkis oop ek’t haar boek daarin gesit as sy dit weer lees sal ons weef aan mekaar in die wind gaan haal vir Ben hy moet leer hoe om die perde van die veld in te breek hy’s ook daardeur maar Heer, daar’s nog wild wat in hom steek sal my waarheid hou tot by jou waarookal jy nou is? ons was drenkelinge, enkelinge saam word die stroom ons rus voor ek op wind vertrek bring eers my perde weer na die water drink en wees verlig roep al my mense dan om my nader dra die kinders in hier gaan die engele nou vergader hand aan hand loop ons huistoe vlerk aan vlerk gaan ons na die Vader hang my hoed aan die spyker begrawe al my verwyte ek sien hoe naby my tyd is so kom ons kry laaste kyke ek weet jou hart is nog myne jy was met liefde nooit suinig ek voel 'n fok vir die duiwel Lig wen die stryd in die einde (is al my sondes vergewe? belowe? hand op die Bybel?)
Jy sal ook hiervan hou
Spoegwolf - Woud (Official) Image : 17289
Video
Spoegwolf - Woud (Official)
© Spoegwolf 2023 Die nuwe album, Dryf, beskikbaar op alle digitale platforms. Vervaardig deur Spoegwolf DOP: Damiane van Reenen Live Footage (Kirstenbosch): Damiane van Reenen Live Footage (Loftus Park): Eric T. Graham Live Footage (Mark's Park): Nathan Editing: Damiane van Reenen Colorist: Jarryd du Toit Spoegwolf is Danie du Toit Chris von Wielligh Albert van der Merwe Moskou du Toit Woud: Original Song & Lyrics by Danie Du Toit. Music Written & Arranged by Spoegwolf. Lirieke maak die deur oop sit die lig aan jy's die hitte in hierdie huis bel my broers ook sê ek's veilig ons het te lank op die veld gebly ek was 'n kind in die straatlig daar was zombies in die strate jy was hoog in jou kamer met daai borsel in jou hare nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe bring jou denim bring jou vlerke ek wil gaan waar die klowe skeur hou die stuurwiel hou my hart ook dalk is om oor te gaan die beste weg deur ek was 'n kind op my bergfiets ons kon vlieg met die stroompies jy't gaan stap in die berge met daai briewe van jou pa-hulle nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe aan ons lywe, ooh aan ons lywe, ooh ooh, ooh