Logo

Spoegwolf - Bellevlei (Official)

Video
24 Junie

© Spoegwolf (PTY) LTD 2021 Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf Groen nou beskikbaar op alle streaming platforms. Kaartjies en Links na shows: https://linktr.ee/spoegwolf Vervaardig deur Spoegwolf Cinematography, Editing en Kleur: Eric T. Graham. Spoegwolf is: Danie du Toit Chris von Wielligh Moskou du Toit Albert van der Merwe Hiram Koopman Lirieke: jy’s my vakansie sonder see in die skadu, my laatoggend-tee om jou vir die ewige lewe te ruil lief, is die antwoord nee om jou so in jou huis te sien is om die toekoms te voel is om die Here te dien jy hang jou klere soos ou stories op al jou honde kom kyk vertel my dit was klein was dit klein? as ek so naby aan jou staan kan ek dit voel jou lank terug, jou nou en jou eendag in ’n piksoen terwyl jy dit wegpak Bellevlei, is daar iets van my hier begrawe? ek weet ek’s nou nader aan my rus wat my die seerste maak word krag ek hoor die sterkste hart is sagter en braaf genoeg om te breek ek hardloop deur hierdie miltsteek met ’n naam was dit klein? as jy so naby aan my staan kan ek dit voel my lank-terug, soos klere, is pikswart ek glimlag maar as ons wegpak
Jy sal ook hiervan hou
Spoegwolf - Woud (Official) Image : 17289
Video
Spoegwolf - Woud (Official)
© Spoegwolf (PTY) LTD 2023 Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit. Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf. Die nuwe album, Dryf, beskikbaar op alle digitale platforms. Vervaardig deur Spoegwolf DOP: Damiane van Reenen Live Footage (Kirstenbosch): Damiane van Reenen Live Footage (Loftus Park): Eric T. Graham Live Footage (Mark's Park): Nathan Editing: Damiane van Reenen Colorist: Jarryd du Toit Spoegwolf is Danie du Toit Chris von Wielligh Albert van der Merwe Moskou du Toit Woud: Original Song & Lyrics by Danie Du Toit. Music Written & Arranged by Spoegwolf. Lirieke maak die deur oop sit die lig aan jy's die hitte in hierdie huis bel my broers ook sê ek's veilig ons het te lank op die veld gebly ek was 'n kind in die straatlig daar was zombies in die strate jy was hoog in jou kamer met daai borsel in jou hare nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe bring jou denim bring jou vlerke ek wil gaan waar die klowe skeur hou die stuurwiel hou my hart ook dalk is om oor te gaan die beste weg deur ek was 'n kind op my bergfiets ons kon vlieg met die stroompies jy't gaan stap in die berge met daai briewe van jou pa-hulle nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe aan ons lywe, ooh aan ons lywe, ooh ooh, ooh