Logo

Call of the wild - Silwerskermfees 2023

Video
02 Junie

Hoe ervaar jy ’n Afrika-sonsondergang of die rykdom aan diere, plante, voëls en landskappe in die Kruger Wildtuin as jy nie kan sien nie? Call of the Wild verken hierdie vraag saam met Anika, ’n jong weeskind wat gesiggestremd gebore is, maar ’n verbysterende gawe het om ’n wye verskeidenheid voëlgeluide uit te ken. Hierdie kort dokumentêr volg Anika op ’n buitengewone bos-ontdekkingsreis, ontwerp deur die klankspesialiste Derrick en Sarah Solomon. Dis ’n klanksafari wat jou met nuwe ore na die klanke van die Wildtuin laat luister en jou verstom met wat jy alles kan hoor.