Logo

Amptelike Lokprent – Skyn

Video
26 Januarie

Martha is 'n enkellopende kelnerin wat nie weet wat sy met haar lewe wil doen nie. Boonop word sy vandag 28 en almal weet 28 is die nuwe 30 en 30 is die begin van die einde vir enige vrou met planne om te trou of ma te word. Sy word die oggend ná haar verjaarsdagpartytjie wakker met 'n onbekende man in haar bed en 'n vreemde gevoel in haar maag. 'n Apteektoets bevestig haar vermoede – sy is swanger.