Logo

Amptelike Lokprent – Bittersoet

Video
26 Januarie

Kersfees lê soos ’n berg voor Tilla. Dit was haar voorstel om hierdie Kersete te reël. ’n Soortvan huldeblyk aan haar ma. Maar Stephan, haar seun, is minder beïndruk dat hy nie sy verloofde, Divan, mag nooi nie. Tilla meen hierdie romanse sal net een te veel vir die oumense wees om te sluk. Oupa se Alzheimer's is juis aangehits deur Ouma se skielike dood. Tydens die ongemaklike Kersete besluit Oupa Andries om groot nuus met sy familie te deel, maar niemand reageer soos hy gedink het nie, en hy deel die geheim weer – 'n paar keer.