Logo

Slank: Groentesop

10 Oktober

1 Porsie

Vir gewigsverlies

518647

In die eerste episode van Slank is daar gewys hoe om heerlike groentesop voor te berei. Kry die resep hier.

Slank-Groentesop-1
Bestanddele

GM:

50 g wortels

20 g uie

1/2 huisie knoffel

2 ml kerriepoeier

160 ml hoender-aftreksel

40 g kool

2 ml basieliekruid

1 ml origanum

knypie kruiesout

40 g murgpampoentjie

3 Melba-Toast

120 g lae-vet kaas

MN:

80 g wortels

30 g uie

1 huisie knoffel

2 ml kerriepoeier

200 ml hoender-aftreksel

5 ml tamatiepuree

70 g kool

4 ml basieliekruid

2 ml origanum

1 ml kruiesout

20 g murgpampoentjie

5 Melba-Toast

200 g lae-vet kaas

SB:

30 g uie

1/2 huisie knoffel

1 knypie kerriepoeier

150 ml hoender-aftreksel

50 g kool

1 ml basieliekruid

knypie origanum

knypie kruiesout

40 g murgpampoentjie

2 Melba-Toast

100 g lae-vet kaas

ST:

50 g wortels

20 g uie

1 huisie knoffel

2 ml kerriepoeier

180 ml hoender-aftreksel

5 ml tamatiepuree

60 g kool

3 ml basieliekruid

1 ml origanum

1 ml kruiesout

20 g murgpampoentjie

4 Melba-Toast

150 g lae-vet kaas

Metode

Indien jy die Slender Wonder-program volg moet jy die mates gebruik volgens jou fase. Indien jy nie op Slender Wonder is nie, gebruik die mates in die ST- of MN-gedeelte.

 

  1. Besproei ‘n pan met kleefvrye-sproei.
  2. Braai die wortels, uie, knoffel en kerriepoeier oor lae hitte totdat dit sag is.
  3. Voeg die hoender-aftreskel, kool, tamatiepasta, basieliekruid, oreganum, sout en peper by en bring tot kookpunt.
  4. Verlaag die hitte, bedek en prut vir sowat 15 minute.
  5. Roer die murgpampoentjies in en kook verder vir 4 minute totdat die murgpampoentjies sag is.
  6. Puree in voedselverwerker indien jy wil.

 

Vir meer resepte kan jy die Slender Wonder-resepteboek (volume 1 of 2) by ‘n Slender Wonder-dokter koop of direk by ons hoofkantoor ([email protected]).

Die-GROOT-Ontbyt-3
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-09-26

Botterboon-happies

Gewildste Resepte