Logo

Klein vark-en-appelburgers

10 Desember

Braai

4

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer om in te braai voorberei. Foto: Heleen Meyer

Appelburger
Bestanddele

Varkpatties:

500 g varkmaalvleis maer

1 JOYA® Appel met die skil, grof gerasper

60 ml rou hawermout

1,2 ml gemaalde neutmuskaat

15 ml gemaalde koljander

10 ml gedroogde gemengde kruie

30 ml Italiaanse pietersielie of koljanderblare vars en gekap

20 ml kruisementblare vars en gekap

2,5 ml sout

1 ekstra-groot Nulaid eier geklits

suurlemoensap na smaak

swartpeper na smaak

30 ml olyf- of avokado-olie om in te braai

Metode

Vir die varkpatties:

  1. Plaas al bestanddele, behalwe die olie, in ’n mengbak. Geur na smaak met suurlemoensap en swartpeper en meng goed deur.
  2. Verdeel die maalvleismengsel in 8 klein balletjies. Druk met die palms van jou hande plat om klein patties te vorm.
  3. Verhit ’n dun lagie olie oor ’n matige hitte in ’n braaipan (bv. ’n AMC 28 cm Chef’s Pan).
  4. Braai die patties in sarsies aan albei kante tot goudbruin. Verlaag die hitte, plaas ’n deksel op en prut vir 5-6 minute of tot net gaar, maar nie droog nie. Herhaal met die orige patties en olie.

Vir die koolslaai:

  1. Meng die olie, heuning, kruisement of dille en appelsyn saam. Geur na smaak met swartpeper. Meng die sous met die kool in ’n mengbak tot goed gemeng. Laat die mengsel vir 10-15 minute staan om die kool te marineer.
  2. Skep van die koolslaai op die oopgesnyde rolletjies of gebruik slaaiblare vir die wat nie van kool hou nie. Plaas patties en appelskywe bo-op.
  3. Steek broodjies met ’n tandestokkie vas, indien nodig. Geniet as ’n ligtemaaltyd of pak in as deel van ’n kosblik, vir padkos of enige plek waar julle die vakansie gaan kuier.

Wenke:

  1. Skep ongegeurde jogurt op die broodrolletjies in plaas van botter of ’n ander sous, dis heerlik met die appel en vark.
  2. Die varkpatties vries goed. Berei ’n dubbele hoeveelheid en vries helfte vir nog ’n ete.

 

DGO_3 Desember
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
3 December 2018

Jaffels met twee vulsels