Logo

Kerrie Varknektjops

07 Augustus

6 porsies

Braai

4

Wanneer jy vark braai, is nektjops gewoonlik jou beste opsie omdat hulle nogal sag is en ook met vet gemarmer is en dus nie te gou sal uitdroog nie.

Episode 6   Kerrie Varknektjops
Bestanddele

12 Varknektjops

2 sopies Olie

1 Ui fyngekap

2 huisies Knoffel fyngekap

1 sopie Vars gemmer gerasper

1 sopie Kerriepoeier

1 teelepel Borrie

1 koppie Bruinasyn

1 koppie Gladde appelkooskonfyt

1 teelepel Sout

1/2 teelepel Swartpeper

Metode
  1. Verhit die olie in ‘n middelslag pot oor sterk hitte en voeg die ui by. Braai die ui tot sag en blink, voeg die knoffel en gemmer by en braai vir nog 2 minute. Jy kan die marinade op die stoof of op die vuur maak – die keuse is joune.

  2. Nou kom die kerriepoeier en borrie by. Braai vir 1 minuut terwyl jy deeglik roer.

  3. Meng die asyn en appelkooskonfyt by en verhit tot dit kook. Krap enige taai stukkies op die pot se bodem los. Kook vir 5 minute.

  4. Voeg die sout en peper by en roer deeglik. Haal die marinade van die hitte af en laat dit ‘n uur of twee afkoel tot kamertemperatuur. Jy gooi nooit warm marinade oor rou vleis nie want dan begin die vleis kook, en dan koel dit weer af terwyl dit marineer, en dan kook jy dit weer later op die braai. En as jy jou oë uitvee is jou gestel nog deurmekaarder as die vorige sin

  5. Sit die tjops in ‘n lekker groot bak en gooi die kerriemarinade oor. Meng alles deeglik met jou skoon hande en maak seker al die kante van die vleis het kontak met die marinade. Bedek die bak en laat dit vir 3 tot 4 ure in die yskas marineer. 

  6. Haal die tjops uit die marinade en skud die oortollige sous af. Braai oor warm kole vir omtrent 5 tot 7 minute aan ‘n kant, afhangende van die tjops se grootte. Gebruik jou vleistermometer om te kyk wanneer hulle reg is.

Episode 5 Hoender
Poster 320x480
Sub Titel

Plat hoender met Jan Braai Peri Peri Sous

Gewildste Resepte