Logo

JOYA®-knibbelhappie en Oosterse roereier

12 November

3

Tydens ’n episode van in Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer JOYA®-knibbelhappie met Oosterse roereier voorberei. Dié resep is aangepas uit Cooking from the heart 1. Foto: Heleen Meyer

Die GROOT Ontbyt
Bestanddele

Vir die JOYA@-happies:

2 - 3 middelslag JOYA®-appels ontpit, in kwarte en dan in dun skyfies gesny

125 ml amandels rou

125 ml pampoensaad

125 ml sonneblomsaad

125 ml klapperskaafsels

Vir die roereiers:

¼ t gemengde speserye

20 ml klapper gedroogde

125 melk melk

30 ml olyf- of avokado-olie

1 rooi soetrissie ontpit en in repies gesny 4 murgpampoentjies, in dun diagnonale skywe gesny

2 klein groen brandrissies ontpit en gekap

8 jumbo Nulaid-eiers

sout na smaak

peper na smaak

’n handvol koljanderblare

1 avokado in kwarte gesny

lemmetjies in wiggies gesny om mee te bedien

Metode

JOYA@-happies:
1. Voorverhit die oond tot 120 oC. Plaas die appelskyfies op ’n afkoelrakkie oor ’n bakplaat. Plaas in die oond en hou die deur effens oop, deur ’n houtlepel daarin te sit (soos as ’n mens beskuit uitdroog).

2. Droog dit vir 30 tot 40 minute uit, of tot effens bros. Die uitdroogtyd sal afhang van die dikte van die appelskyfies. Laat dit afkoel.

3. Verhit intussen ’n groot braaipan (bv. ’n AMC 28 cm Chef’s pan) oor matige temperatuur en rooster die amandels tot goudbruin. Verwyder uit die pan en kap dit grof. Plaas in ’n groot mengbak.

4. Rooster intussen die pampoensaad, sonneblomsaad en klapper in sarsies in dieselfde pan. Voeg alles by die amandels in die mengbak.

5. Terwyl die mengsel warm is, roer die gemengde speserye by en laat dit afkoel.

6. Voeg die gedroogde appel by. Geniet die mengsel as ’n heerlike knibbelhappie.

Oosterse roereier:
1. Week die klapper in die melk vir ten minste 30 minute.

2. Verhit die olie oor ’n matige hitte (bv. ’n AMC 24 cm Chef’s Pan) en soteer die groente en brandrissies tot goudbuin en gaar.

3. Klits die eiers saam, roer die melkmengsel by en geur na smaak.

4. Giet die eiermengsel oor die groente in die pan en roer liggies deur, sodra dit begin stol. Wees versigtig om dit nie te veel te roer nie, want dit kan veroorsaak dat die eiers skei.

5. Roer nog ’n keer of wat tot die eiers net gaar is en verlaag die hitte indien nodig.

6. Sit dadelik voor met koljanderblare, avokado en lemmetjies.

DGO_6 November
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
6 November 2018

Mieliemeelmuffins

Gewildste Resepte