Logo

Japanese koffiejellie

14 November

Ongebak

5

Die resep is soet net so, maar is nog lekkerder met room of kondensmelk. Die room komplementeer die tekstuur van die jellie en die koffie baie goed.

Coffee Jelly
Bestanddele

2 koppies Koffie

2 eetlepels Suiker

1 eetlepel Gelatien poeier gemeng met 4 eetlepels water

Room geklop (opsioneel)

Metode
  • Voeg koffie en suiker in ‘n pan
  • Verhit totdat dit amper kook
  • Voeg die gelatien mengsel by en roer totdat dit oplos
  • Laat die mengsel afkoel en gooi dit in koppies of houers
  • Verkoel die mengsel in die yskas totdat dit stol
  • Bedien met geklopte room bo-op (opsioneel)

** Espresso is die beste om te gebruik vir hierdie resep veral omdat die espresso ‘n wonderlike aroma het. Die jellie moet stol in ‘n houer. ‘n Vlak pan is effektief om ‘n dun lagie jellie (omtrent 1-duim dik) in te maak wat jy in blokkies kan sny. Jy kan ook ander houers soos klein bakkies of koppies gebruik en die jellie net so bedien.

Galla Pinto
Net Koffie Poster 924x1360
Sub Titel

Galla Pinto

Gewildste Resepte