Logo

Fluffy flapjacks

21 Augustus

Gebak

4

Dié heerlike flapjacks is tydens ’n episode van Slank 3 voorberei. 

Fluffy Flapjacks
Bestanddele

4 e klappermeel (coconut flour)

2 e goue lynsaadmeel (golden linseed flour)

1 t bakpoeier

knippie sout

1 e xylitol

4 e dubbelroom joghurt

4 e amasi (of karringmelk)

4 groot eiers

2 e avokado-olie

kokosolie (of avokado-olie vir braai)

Metode

1. Plaas al die bestanddele, behalwe die olie vir braai, in ’n menger en meng goed. Laat die beslag vir 2-3 minute rus.
2. Voorverhit ’n pan met bietjie olie op medium hitte voordat jy jou eerste ronde ‘fluffy flappies’ daarin giet.
3. Vir ’n mediumgrootte flapjack, laat 2-3 eetlepels beslag per flapjack toe.
4. Sodra jy die beslag gegiet het, verminder die hitte tot medium-laag.
5. Wag vir borrels om te verskyn en vir die beslag om amper heeltemal droog en bo-op gaar te bak voordat jy dit omdraai (ongeveer 3-4 minute aan die eerste kant en 1-2 minute aan die tweede kant).
6. Maak 9-10 kleiner en 6 mediumgrootte flapjacks.

Pampoentert
Pampoentert
20 August 2018

Pampoentert