Logo

Ertjie-crostini

27 Desember

4

Soos gesien in 'n episode van Terwyl ek wag

ERTJIE CROSTINI – Terwyl ek wag
Bestanddele

2 koppies Vars / gevriesde ertjies

150 g Geblikte Cannelini-boontjies gedreineer

2 eetlepels Olyfolie

1 eetlepel Suurlemoensap

2 eetlepels Italiaanse pietersielie gekap

50 g Parmesaankaas fyngerasper

Seesout

Swartpeper grofgemaal

1 lang Baguette-vormige broodjie teen die skuinste in 24 snytjies gesny

1/4 koppie Druiwepitolie

1 huisies Knoffel

ekstra Italiaanse pietersielie

Metode
  • Verhit ertjies met 1 eetpl water in pan
  • Laat afkoel en plaas in mengbak met boontjies
  • Voeg olyfolie, sap, skil, gekapte pietersielie en parmesaan by
  • Gebruik handvoedselverwerker en meng tot purée
  • Geur met sout en peper
  • Bedek en plaas in yskas tot nodig
  • Verf broodjies aan beide kante met druiwepitolie
  • Braai in pan tot goudbruin aan abei kante
  • Vryf bokante met knoffelhuisie
  • Skep lepelsvol ertjie-purée bo-op
  • Garneer met pietersielieblaartjies

Gewildste Resepte