Logo

Braaibrood met rooi groente

13 Desember

Gebak

3

Soos gesien in 'n episode van Terwyl ek wag

BRAAIBROOD MET ROOI GROENTE – Terwyl ek wag
Bestanddele

Kekerertjie-patee

1 blik Kekerertjies gedreineer

100 g Dik volroom jogurt

2 eetlepels Olyfolie

2 eetlepels Appelasyn

1/2 teelepel Fyn paprika

1/2 teelepel Fyn komyn

1/2 Suurlemoen se skil fyngerasper

Seesout

Swartpeper grofgemaal

Om te bedien

6 snye Suurdeegbrood

paar eetlepels Druiwepitolie

Olyfolie

Rooi groente

3-6 eetlepels Druiwepitolie

2 Medium beter geskil

6 Radyse in dun skywe gesny

18 Jong tamaties

Seesout

Vars basiliekruidblare, kruisementblare en Italiaanse pietersielie

Olyfolie

Swartpeper grofgemaal

Metode

Kekerertjie-patee

  • Gebruik voedselverwerker en pols kekerertjies tot fyn
  • Voeg volgende 5 bestanddele by en meng tot gladde puree
  • Roer skil by en geur met sout en peper

Rooi groente

  • Sny beet in dun skywe
  • Verhit 1 eetlpl druiwepitolie in pan, braai skywe vir 2 minute aan elke kant, verwyder uit pan, geur liggies met sout (voeg ekstra olie by indien nodig)
  • Vee pan uit, verhit 1 eetlpl druiwepitolie en braai radysskywe totdat dit net begin verbruin, verwyder uit pan en geur liggies met sout
  • Vee pan uit, verhit 1 eetlpl druiwepitolie en braai tamaties tot velle net begin bars, verwyder uit pan en geur liggies met sout

Om te bedien

  • Verf brood aan beide kante met druiwepitolie
  • Braai in warm riffelpan tot goudbruin aan beide kante
  • Smeer patee bo-op
  • Rangskik groente bo-op
  • Rangskik kruieblare tussenin
  • Bedrup met olyfolie
  • Geur met swartpeper

Gewildste Resepte