Logo

Bone Bolognese

23 Januarie

Braai

2

Wat is dan nou lekkerder as pasta? 

5
Bestanddele

Om te bedien:

500 g pasta, tagliatelle of spaghetti

parmesaan kaas of cheddar kaas, gerasper vir opdiening

Vir die bolognese:

2 sopies olyfolie

1 ui, gekap

1 wortel, gerasper

1 seldery stokkie, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

½ sopie gedroogde gemengde kruie

½ k rooi wyn

1 blikkie rooi nierbone, gedreineer

1 blikkie swart bone, gedreineer

2 blikkies gekapte tamatie

2 sopies tamatie pasta

1 t suiker

½ sopie suurlemoensap

sout

peper

Metode

LAAT WAAI!

Verhit die olie in ’n potjie oor ’n medium-hitte vuur. Voeg die uie, wortel en seldery by en braai rustig vir 5–10 minute tot die uie sag en blink is, maar nie bruin nie.

Gooi die knoffel en kruie by en braai vir 2 minute.

Gooi die wyn by en meng deeglik. Gebruik jou lepel om enige stukkies groente wat aan die pot se bodem vassit, los te krap. Kook totdat die wyn amper algeheel gereduseer is.

Voeg nou die bone, tamaties, tamatie pasta, suiker, suurlemoensap, sout en peper by. Roer deeglik en kry aan die prut oor lae hitte. Sit die deksel op en laat prut vir 1 uur, maar roer elke 10–15 minute sodat die sous nie weg kook en brand nie. As die pot droogkook, voeg ’n bietjie water by.

Haal die deksel na 1 uur af, voeg sout en peper na smaak by en laat die pot oop prut terwyl jy die pasta in soutwater in ’n ander pot kook.6.Wanneer die pasta reg is en jy tevrede is met die bolognese-sous, bedien jy dit soos jy goed dink. Ek bedien dit gewoonlik met ’n handvol Parmesaan-skaafsels of gerasperde wit Cheddar-kaas.

EN ...Pasta soos spaghetti en tagliatelle neem omtrent 7–8 minute om die al dente-stadium te bereik as jy dit in borrelende soutwater kook. (In dié konteks beteken al dente “mooi gaar met so ’n bietjie van ’n byt”.) Vir 500g pasta het jy omtrent 5 liter water en ½ sopie sout nodig. Moenie die pasta te gaar maak nie, want dan word dit ’n slymerige gemors. Wanneer dit reg is, dreineer jy dit en bedruip dit dadelik met olyfolie om te keer dat dit in klonte saamkoek.

4
Jan Braai
2020-01-22

Mango-en hoender potjie

Gewildste Resepte