web uni tv guide
Die brug emmys slim BB

#DieSosialeVlinder #DieBrug_Melanie

Die Sosiale Vlinder

Melanie Koegelenberg (31) is van Windsorton in die Noord-Kaap. Melanie is ’n boer, Engels-onderwyser en data-analis. Sy is Die Sosiale Vlinder. “As mense my die eerste keer sien, dink hulle ek is ’n ditsy blonde, maar ek is nie blond nie. As hulle my hoor praat, hoop ek dat ek intelligent voorkom.”

Melanie sluit later aan by die spelers, maar haar ervaring sal ’n aanwins wees vir die span wat die brug moet bou. Ná jare van Engels gee in Asië en ’n kort tyd in Amerika het Melanie teruggekeer om saam met haar pa in die Noord-Kaap te kom boer. Sy vorm deel van ’n ondersteunende en humoristiese gesin. Melanie is die jongste van drie dogters met ouers wat albei onderwysers was. Sy is ’n bekende online gamer en geniet muurbal, visvang en stap. Haar voorkoms is vir haar belangrik en sy geniet dit om haarself só uit te leef. Melanie is een van die spelers van wie jy nie weet wat om volgende te verwag nie. Sy wil oor die brug loop, want sy weet sy het dit in haar om so ’n uitdaging die hoof te bied. Sy droom daarvan om ’n bierbrouery op die plaas oop te maak en om aan haar ouers ’n bietjie terug te gee van wat hulle alles vir haar gegee het.

Die brug Sam Marais
Die brug Nonnie Geldenhuys
Die brug Melanie Koegelenberg