Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerKobus

OUDERDOM: 52

KINDERS: 4

KWALIFIKASIE: Graad 11

BOERDERY: Gemengde boerdery

AREA:  Randfontein, Gauteng

HUISTAAL: Afrikaans

HUWELIKSTAAT: Wewenaar

KOBUS IS OPSOEK NA:

Ek soek iemand wat my onvoorwardelik sal lief hê vir wie en wat ek is. Ek soek 'n eerlike en opregte vrou en 'n bok vir sports. 'n Vrou wat kan kos maak en lekker kan inpas by ander mense.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:

Ek is 'n 52 Jarige Boer. Ek boer al my hele lewe lank. Ek is 'n familie-mens en ook 'n mense-mens. Ek hou van jag, visvang (van die strand af- Hentiesbaai) en oefen. Ek is 'n baie aktiewe persoon en kyk goed na my gesondheid. Ek hou van nuwe ervarings en nuwe uitdagings. Ek was 27 jaar getroud gewees, maar het my vrou 6 jaar terug verloor aan kanker. 

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:

Kyk die kat mooi uit die boom.

Liefde kom van altwee kante af en is 'n werkwoord.

Spreukwoord: Liefde is lekker, máár lekker is nie altyd liefde nie. 

BESTE EIENSKAPPE:

  1. Eerlik
  2. Spontaan
  3. Lojaal

SLEGSTE EIENSKAPPE:

  1. Ongeduld
  2. Perfeksionisme
  3. Konfrontasie

IS JY ROMANTIES? WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK?

Ja, verseker. Kombers, blomme en rooiwyn of 'n pienk gin. Op 'n Strand in Hentiesbaai met die sand tussen ons tone en die see wat ons rustig maak. Waar dit net ons twee in die oomblik kan wees.

9
10
7