Logo
web uni tv guide

Bravo!

144GlansjoernaalPG13

Vyf goed wat jy dalk nie van Tracey Lange geweet het nie

Nuus
16 Maart 2016
Tracey Lange is een van kykNET se borrelendste persoonlikhede en dié gewilde Bravo!-aanbieder het ’n paar geheime met ons gedeel.
Tracey Lange 5 Dinge

Tracey Lange is een van kykNET se borrelendste persoonlikhede en dié gewilde Bravo!-aanbieder het ’n paar geheime met ons gedeel.

1. Het jy ’n tweede naam?

Ek het ongelukkig nie ’n tweede naam nie. Toe ek vir my ma vra hoekom hulle my nie een gegee het nie, was haar antwoord: “Ons het nie gedink jy sou jou eerste een verloor nie, toe besef ons dis nie nodig nie!”

Almal sê altyd uit die mond van die suigeling, maar in my geval is dit uit die mond van die ouers!

2. Watter motor ry jy?

Ek ry ’n Volkswagen Polo, wat ek eintlik baie min gebruik, want ek loop oral waar ek wil wees in Kaapstad en dit maak dit soveel makliker, veral as dit kom by parkering. Eenkeer het dit my amper 10 minute gekos om reg in die parkeerplek te pas en nadat ek uiteindelik in was, besef ek toe dat ek heeltemal by die verkeerde plek is.

3. Wat is jou gunsteling sjokolade?

Ek is mal oor alle soorte sjokolade, maar in die winter verkies ek donker sjokolade met ’n heerlike glas rooiwyn (duidelik is die Kaap in my bloed!).

4. Wat is jou gunsteling restaurant?

Sevruga in die V&A Waterfront is definitief ’n gunsteling! Dis lekker om net die verskillende skepe en bote dop te hou, en hulle het altyd baie goeie pryse. Dis so lekker om daar te kuier saam met my vriendinne.

5. Wat is jou grootste rooigesig-oomblik as radio-omroeper by Heart FM?

Ek is so bevoorreg om al ’n rukkie op die lug te wees en het baie van my rooigesig-oomblikke beleef voor my Heart FM-dae. Een daarvan was toe ek nog nuus gelees het en terwyl ek dit gelees het, het ’n kollega van haar stoel afgeval. Ek het ’n bietjie van ’n glimlag gehad en moes myself beteuel.

Kyk Bravo!, Donderdae om 20:00 op kykNET.