Logo
Wie Word 'n Miljoenêr S2
web uni tv guide

Wie Word 'n Miljoenêr?

144Spelprogram13

Vyf feite oor die Who Wants to Be a Millionaire? franchise – Wie word ’n miljoenêr?

Nuus
25 Januarie 2023
Die eerste episode is in 1998 uitgesaai en jare later was die internasionale formaat in 160 verskillende lande uitgesaai.
Rian van Heerden

Die tweede seisoen van die eerste Afrikaanse-weergawe van Who Wants to Be a Millionaire? begin Woensdag 25 Januarie op DStv-kanaal 144, kykNET.

Ons kyk na waar die franchise ontstaan het sowel as na ‘n paar onvergeetlike oomblikke wat wêreldwyd nuus gemaak het.

5. Die eerste episode (dit is oorspronklik ‘n Britse reeks) het op 4 September 1998 op die ITV Netwerk uitgesaai. Chris Tarrant was die eerste aanbieder vir die reeks en sy finale episode was op 11 Februarie 2014. Die franchise het in 160 verskillende lande uitgesaai. Who Wants to Be a Millionaire? is deur David Briggs, Mike Whitehill en Steven Knight vervaardig.

4. In die vroeë 2000s, is 'n deelnemer Charles Ingram van sy prysgeld ontneem nadat hy by 'n skandaal betrokke was. Hy het glo met medepligtinge - sy vrou en Tecwen Whittock - probeer om die program te kul. Die twee medepligtinge het glo vir Charles gelei na die korrekte antwoorde deur te hoes. Hulle is later uitgevang en die drie is skuldig bevind in 'n hofsaak.

3. In September 2022 het nuusberigte onthul dat deelnemer Maria King het per ongeluk 'n verfilmingsgeheim bekendgemaak: Kykers het uitgevind dat deelnemers nie huis toe gaan as 'n episode eindig nie: sekere episodes word op een dag verfilm. Dit is ten spyte daarvan dat die aanbieder aan die deelnemer se: “Sien jou volgende week!”

Maria was nog nie klaar in die vuurwarm stoel nie, maar die episode se eindklok vir die betrokke episode het gelui. Jeremy Clarkson, die aanbieder, het toe gesê: “Jy weet wat dit beteken?” Maria het geantwoord: “Ek moet my klere gaan verander.”

Maria het haar fout agtergekom en aan die vervaardigers (op die lug) gese: “Ek was nie veronderstel om dit te sê nie!” Jeremy het toe gelag daaroor.

2. Rian van Heerden, aanbieder van Wie word 'n miljoenêr?, het in 'n eksklusiewe onderhoud gesê daar is 50 mense op die produksiespan, en toevallig is daar 50 mense in die gehoor ook. "Glo dit of nie om ’n stel soos hierdie aanmekaar te sit vat ses weke."

Wie word ’n miljoenêr se eerste seisoen was op 27 Oktober op kykNET uitgesaai. Rian het ook genoem dat daar sowat 2000 mense landwyd vir hierdie twee reekse ingeskryf het.

1. Intussen het kykNET se digitale span bevestig dat daar streng sekuriteitsmaatreëls in plek gestel word om die integriteit van die reeks te beskerm. Dit beteken dat niemand mag weet wie die vraagopstellers is nie en die ‘spel-en-vrae’-rekenaar word in 'n hoë-sekuriteitsvertrek, waartoe slegs die operateur, ouditeur en vervaardiger toegang het. 

Selfs Rian van Heerden kry nie die vrae vooraf nie. Volgens hom weet hy nie wat die proses rondom die vrae behels nie. “Ek sien nooit die vrae nie. Ek los daai gedeelte vir 'n ander gedeelte van die produksiespan."

Wie word 'n miljoenêr? begin 25 Januarie 2023 om 20:00, eksklusief op kykNET, kanaal 144. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk, #WieWordnMiljoenêr te gebruik.