Logo
Troukoors site banner
web uni tv guide

Troukoors

144Drama13 SL

Troukoors nou op kykNET

Nuus
13 Mei 2022
Sondagaande gaan heelwat meer opwindend raak, te danke aan kykNET en Showmax!
Troukoors kyknet

Met ’n sterbelaaide rolverdeling, ’n storie deur meestervertellers en ’n gedugte span agter die kameras, waarborg Troukoors topvermaak op ’n Sondagaand.

Dié trefferreeks, wat oorspronlik vir Showmax vervaardig is, maak op Sondagaand, 15 Mei om 20:00 ook sy buiging op kykNET. Die eerste seisoen bestaan uit 14 episodes van 30 minute elk.

Troukoors vertel die verhaal van Jessica (Ilse-Lee van Niekerk), ’n bruilofbeplanner wat in die viering van groot liefde spesialiseer, maar sukkel om self ’n lewensmaat te vind. Bianca Flanders en Blyde Smith speel die rolle van onderskeidelik haar beste vriendin en suster. Ook hulle is op soek na liefde, maar oor hartsake het hulle geheel en al verskillende uitkyke.


Troukoors is deur die bekroonde skrywer en regisseur Louis Pretorius en sy vennoot, Albert Snyman, geskep. Dié tweemanskap was ook vir trefferreekse soos Die boekklub en Fynskrif verantwoordelik. Die regisseur van Troukoors is die talentvolle Nina Swart.

Ander bekendes in die rolverdeling is Armand Aucamp, Tinarie van Wyk Loots, Kevin Smith, Danny Ross, Edwin van der Walt, Emma van Heyn, Lea Vivier, Ludwig Binge en Melt Sieberhagen.

Troukoors is op die oog af soos sjamanjeborrels – lig en vrolik,” het die kunsredakteur van Netwerk 24, Laetitia Pople, in haar resensie geskryf. “Maar dan katrol die intrige en die fyn weefwerk tussen die karakters jou in en voor jy jou kom kry is jy sommer geheg aan almal – hulle eienaardighede en foute ten spyt.”

Kyk die voorskou hier onder:

“Wat ’n fees om ’n reeks soos hierdie te kyk ... en in Afrikaans!” sê Renaldo Schwarp, die aanbieder van die gewilde Kassie-kuiers. “Die rolverdeling is absoluut perfek. Ilse-Lee doen uitstekende werk om hierdie verfrissende, stoute benadering tot plaaslike rom-coms te lei. Dis heartfelt en net pure vreugde om te kyk.”

Skakel in vir die eerste seisoen van Troukoors, vanaf Sondag 15 Mei om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.