Logo
Ladies Launch Mobile BB RHOWL
web uni tv guide

Die Real Housewives van die Wynlande

144Realiteit16 L

Steel Mariska van 'Die Real Housewives' se styl

Nuus
17 Julie 2023
Jou klerekas kort dalk 'n makeover of jy wil jou voorkoms 'n bietjie van 'n hupstoot gee: Kry inspirasie uit Mariska se klerestyl.
Mariska Thorpe

Van haar rokke in “Die Real Housewives van die Wynlande” word beskryf as  “ontploffings". Mariska Thorpe het aan die begin van dié realiteitsreeks bekendgemaak dat sy "Vogue channel, nie Val de Vie nie".

En mens kan dit beslis sien in haar uitrusting wat meestal bestaan uit 'n moderne Krinolines-rok.

Mariska is beslis nie bang vir "bold" kleure nie en sy eksperimenteer graag.

Haar styl is uniek, modern en waaghalsig, en sy is die dame in die reeks wat daarin glo: "if you've got it, flaunt it!" En sy weet net hoe, want koppe draai beslis wanneer Mariska Thorpe haar verskyning maak. Anita en Amy het gegrap op 'n episode dat mans, vroue en selfs honde in haar rigting kyk wanneer Mariska in ʼn vertrek stap.

As jy inspirasie vir jou klerekas soek, moet jy beslis hier loer en sien hoe Mariska dit doen.

Steel so haar look:

Maak seker jou klerekas het verskillende skakerings van pastel kleure

Kies kleure – soos pienk en lilac – wat jou vroulikheid gaan uitbeeld, maar moenie bang wees vir “bold” kleure soos groen of goud nie. Jy kan ook jou bates flankeer in 'n kort rokkie of 'n uitrusting wat jou kaal skouers wys. Ons het ook gereeld gesien dat Mariska iets dra wat haar groeiende magie beklemtoon het.

Speel met verskillende materiale

Dit is belangrik om weg te bly van die gewone katoen-materiaal. Eksperimenteer eerder met materiaal soos kant, organza, chiffon en Florence net: Die materiaal word gebruik om “lingerie” van te maak. As jy die musiekvideo van die fliek "Moulin Rouge" gesien het, sal jy weet waarvan ons praat. Jy kan hierdie materiaal gebruik om bykomstighede te ontwerp, soos 'n kant handskoen.

Handelsmerke moet jou beste maat word

Mariska is lief vir die Gucci-handelsmerk – sy is gereeld gesien met Gucci-handsakke. Jy sal haar ook nie enigiets sien dra wat vanuit ʼn kettingwinkel gekoop is nie – die meerderheid van haar klere lyk asof dit vanuit ʼn luukse boetiek kom.

Gaan groot en dra dit as dit blink

Mariska dra graag bykomstighede soos moderne oorbelle, ʼn deftige halssnoer wat blink, of kant handskoene – alles skree “go big or go home”. Haar oorbelle veral lyk beslis na iets uit ʼn boetiek en dit staan behoorlik uit: sommige hang hang lank (amper tot by haar skouer) en blink, en ander is juwele wat sag op die oog lyk.

Die Real Housewives van die Wynlande reünie-episodes wys Donderdae 13 en 20 Julie om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Stroom die reeks vanaf episode 1 op DStv Catch Up.