Logo
In die ysterhand se greep slim BB
web uni tv guide

In Die Ysterhand Se Greep

145Telenovela13 VL

‘Sê jou sê’-kletsprogram gaan Suid-Afrika laat gons

Nuus
19 Augustus 2022
Vind meer uit.
Se jou se article image

Skuif nader want kykNET & kie se programaanbod kry in Oktober nog ’n groot hupstoot met die afskop van ’n opwindende nuwe interaktiewe kletsprogram, Sê jou sê, waar niemand ’n wag voor die mond gaan hê nie.

Sê jou sê se ankeraanbieder is die gewilde radio-omroeper Aden Thomas en hy sal deur die joernalis Chrislynn Sias as veldaanbieder bygestaan word.

Aden, ’n gesoute onderhoudvoerder, is veral bekend vir sy reguit manier van gesels. Daarvan kan sy luisteraars op sy ontbytprogram op die Kaapse radiostasie Heart FM getuig.  

Nou gaan Aden in Sê jou sê behoorlik krap waar dit nie noodwendig altyd jeuk nie, terwyl die tonge behoorlik los gaan wees en vars trane oor ou smarte gestort gaan word.  

In die program val die soeklig op dispute, onderonsies, misverstande, knelpunte of beweerde bedrieglikheid tussen egpare, familielede, geliefdes, kwaaivriende en selfs vennote – en ’n ding gaan by sy naam genoem word. 

“Met Sê jou sê wil ons twee opponerende partye die kans gee om dinge van aangesig tot aangesig uit te praat en alle kante van die saak te hoor,” verduidelik Aden. 

“Maar daar gaan nie doekies omgedraai word nie . . .”

“Boonop is daar ’n kans dat ons soms ’n verrassingsgas kan nooi wat een of beide partye ken sodat ook hulle hul sê kan sê oor die kwessie wat ons probeer oplos.”

Aden gaan in die ateljee voor ’n gehoor pleisters van ou wonde aftrek om só die rolspelers te help om genesing, ’n middeweg of oplossings te vind. 

“Die gehoor gaan ook aktief aan die program deelneem en hul menings oor wat hulle dink reg of verkeerd is, speel ’n sleutelrol,” sê Aden. 

As veldaanbieder gaan Chrislynn die strate invaar om weer uit te vind wat Jan Alleman oor ’n betrokke onderwerp te sê het. 

Aden glo baie kykers hulle kan vereenselwig met die situasies waarin die Sê jou sê-gaste hulself bevind. 

“Ons hoop dat die oplossings wat gevind word mense sal inspireer om hul eie soortgelyke probleme met dieselfde waagmoed en deernis aan te pak.” 

Sê jou sê word by Atlantic Studios in Kaapstad opgeneem en dit begin op Saterdag 1 Oktober om 19:30 op kykNET&kie, kanaal 145 op DStv.

  • Mense wat op Sê jou sê wil verskyn kan ’n WhatsApp-boodskap stuur na 073-653-7052. As jy wil deel wees van die gehoor, stuur ’n e-pos na: [email protected]