Logo

Pret by Toanette – Leah se dagboek

Nuus
29 November 2018
Leah skryf oor haar tyd op Boer Toanette se plaas.
BSV-Toanette-Leah

FOTO: Donna Lewis

 

Liewe Dagboek,

Daar was ’n baie lekker dinamika tussen Toanette en die manne – dit was heerlik om te sien. Ek dink hulle het dit goed hanteer, al was hulle maar skamerig.

Die klompie het nogal close geraak tydens verfilming. Ek weet twee van die manne het vir Carlo bietjie gespot omdat hy nie plaaslewe ken nie!

Toanette boer in die Modimolle-omgewing, maar ons het die plaasweek op haar vriend se plaas buite Middelburg, waar sy báie betrokke is met die rehabilitasie van diere, verfilm.

Middelburg is groter as wat ek verwag het, en daar is darem ’n lekker winkelsentrum met koffiewinkels. Ek het ook vir ’n massering in Middelburg gegaan en moes verder tyd maak om die woorde van nuwe liedjies te leer.

Ons moes lank op ’n grondpad ry om by die plaas uit te kom. Ek onthou een baie spesiale dag wat ons by die plaas ingery het en ’n renoster met ’n kleintjie by haar gesien het. Hulle was reg langs die kar, en dit was die mooiste oomblik!

Ek het ook besef hiënas is baie ouliker as wat ek gedink het hulle is! Daar was die oulikste meerkatte en donkies, wat vrylik tussen die mense op die plaas beweeg.

Tydens verfilming was die vlakvark, Pumbaa, gereeld om ons voete. Dit was nogal moeilik om hom uit die pad van ’n skoot te kry, en hy het gereeld teen die kamera se driepoot gaan lê, wat die kamera laat beweeg het.

Toe Toanette die eerste man moes huis toe stuur, het ’n donkie reg voor ons kom staan en eenvoudig geweier om te skuif. Die donkie was ook swanger, so ons het haar jammer gekry!

– Leah

Hier is bietjie meer oor die groter omgewing waarin ons boere hulself bevind.

Neem deel aan ons kykerskeuse-ervaring! Jy ’n lekker middagete saam met Leah en vier van jou vriende losslaan!