Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

Plaaslewe; maklik gemaak – Boer soek ‘n vrou

Nuus
16 Maart 2023
Die boere maak volgende week die moeilike finale keuses en daar kan net een pasmaat gevra word om langer aan te bly op die plaas.
Boer Philru

Die plaaslewe en van die boere se roetines sit nie in elke stadsmuis se broek nie, daarom het ons besluit om 'n oorlewings-gids bymekaar te stel vir die finale pasmaats om dinge 'n bietjie makliker te maak.

Boer Philru is baie lief vir jag en visvang wat verg dat sy pasmaat vroeg op staan indien sy dit saam met hom wil geniet. Hy is ook egter vroeg op om seker te maak dat al die beeste hulle ontbyt in kry.

As jy nie gewoond is aan die stilte van die plaas nie, kan jy maklik verslaap. 'n Maklike manier om dit te voorkom is om seker te maak dat jy ten minste twee ure voor jy gaan slaap geen kafeïen drink nie. Jy kan ook jou wekker aan die ander kant van die kamer plaas sodat jy moet opstaan om dit af te skakel. Indien hierdie nie werk nie, sal 'n haan se goeiemôre-liedjies jou beslis op en aan die gang kry.

Daar is ook geen verskoning om verveeld te wees wanneer jy op die plaas is nie: Jy kan die weerpatrone bestudeer om seker te maak dat jy iets interessant het om met Boer Hennie oor te gesels, of selfs 'n belangstelling in olyfolie aanleer om sy liefde vir die groen en swart lekkernye te omskep in 'n besigheid.

Boer Francois gaan beslis nie dat jy by die huis sit terwyl julle saam deur die natuur kan gaan stap en die natuurskoon bewonder terwyl julle bietjie skoon lug inasem nie. Dit is ook die perfekte tyd om 'n nuwe stokperdjie aan te leer: jag en teiken skiet gaan jou vêr bring by Boer Louis M.

Die stadsmuise sal ook heel moontlik sukkel met die afwesigheid van hulle gunsteling Woolies-winkel, maar die voordeel is dat jy nader is aan egte vars bestanddele as enige iemand anders. Boer Louis B se pampoene gaan vir jou die perfekte hupstoot gee vir 'n lekker groentetuin. Eksperimenteer met nuwe resepte en skryf 'n "farm to table" kookboek met die wete dat jy nooit weer in 'n ry hoef te staan en wag vir die: "Next customer, Tello 2" nie.

Ons hoop dat hierdie wenke die dames sal uithelp met die aanpassing op die plaas.

Deel julle wenke met ons op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik en skakel elke Donderdag om 20:00 in vir nuwe episodes.