Logo

’n Regte tyd vir alles – Boer soek ’n vrou

Nuus
08 April 2022
Wie is nog saam en wie is weer enkellopend? Ons vind uit.
Boer Soek n Vrou

 

Vir die laaste keer het al tien boere bymekaar gekom. By die reünie het Marciel saamgekuier en uitgevind hoe die boere en dames dié seisoen van Boer soek ’n vrou ervaar het,
 

Chemistry, kommunikasie en selfoonsein

Daar is goeie vooruitsigte vir boer Nelis en Esmérelda, en vanaf dag een het die aangetrokkenheid baie sterk gegroei tussen dié twee. Esmérelda voel dat die aangetrokkenheid sterkter raak soos hulle mekaar beter leer ken. Nelis voel dat beide hy en Esmérelda mekaar uitdaag en kom dus baie goed oor die weg. “En dis ’n lekker gevoel.” 

Ons sien uit om hulle liefdesverhaal voorentoe te volg.


 

Die aandag is lekker

Dinge lyk positief vir Carel. Hy het sedert briewe-week iemand ontmoet, en hoewel hulle dit dag vir dag neem, laat dié dame Carel se klein hart vinniger klop.

Beide Gerhard en Hannis is nog enkellopend. Hannis het kontak gemaak met ’n paar van die dames wat vir hom geskryf het, maar weens sy plaas-skedule het hy nog nie kans gehad om enigiemand in lewende lywe te ontmoet nie. Maar, volgens hom sal dinge binnekort bedaar op die plaas, en dit sal hom die geleentheid gee om tyd af te staan vir dinge van die hart.

Vir Gerhard was dit ’n lewensverrykende ervaring. Die proses het hom buite sy gemaksone gedwing, en hy verkies dit so. Hoewel hy self nog nie iemand ontmoet het nie, geniet hy die aandag verskriklik baie. 

[[link-to:videos-14243]]
 

Afstand kan nie tussen ’n gelukkige man en sy “person” staan nie

​Petré en Lourize het die voorreg om mekaar elke tweede naweek te sien. En hoewel Petreé in Vierfontein boer, en Lourize tans in Port Elizabeth woon, is afstand glad nie ’n probleem vir dié twee nie. “As hy my person is, gaan ’n duisend kilometer nie tussen dit staan nie – ons sal dit maak werk, hoe ookal.” Petré is bly dat Lourize hom uitaag, en Lourize is baie opwindend vir die pad voorentoe.


 

n Tweede kans op die lewe

Hoewel Mary-Lou nie top-5 gehaal het nie, het sy sedertdien iemand van Paarl ontmoet. Hulle het al hulle eerste afspraak gehad en het baie in gemeen. Hoewel hulle sederdien die verhouding digital aanpoog, is sy positief oor die toekoms. Volgens haar kon hy dit nie maak nie omdat hy begin oes tydens die reünie.

Willem voel hy weet wat hy wil hê, maar soek iemand spesiaal. Hy is wel nie desperaat nie, en fokus tans op tyd. Hy het met niemand aan sy sy opgedaag, maar voel sedert hy deelgeneem het hy nou meer selfvertroue het om iemand beter te leer ken.


 

Of jóú plaas, of myne – geen middelpunt nie

Wanneer dit reën dan sous dit op Albertus se plaas, want nie net lam die ooie nie, maar hy het iemand ontmoet wat sy hart vinniger laat klop. Dié Noord-Kaap-boer het met die lieflike Suzanne aan sy sy opgedaag, en vertel dat dit reg voel en dat hulle mekaar aanvul. Ons weet dat hierdie boer se skape na aan sy hart is, en dus is dit ironies dat hy vir Suzanne ontmoet deur sy skape. Sy het hom gekontak vir ’n “rampie”, maar toe kry sy meer as wat sy wil hê – “love at first sight.”

“Wat lekker is ek hoef haar nie te leer van ’n skaap nie.” Hoewel sy tans op ’n plaas in Kaapstad woon, sien hulle baie uit om die verhouding voort te sit. Hulle moet nog net besluit op wie se plaas hulle hul lewenspad saam gaan voortsit.


 

Net vriende...

Johan en Arina het sedert die vakansieweek besluit om slegs vriende te wees. Johan wil nie haar tyd mors nie en bieg dat die besluit syne was. Hy meen wanneer mens weet, weet mens. En al weet hy Arina is ’n wonderlike mens, wil hy haar nie valse hoop gee nie. “Mens weet tog of iets gaan werk of nie.”

En Arina respekteer hom vir sy besluit. Volgens haar kom ’n verhouding van twee kante af, en dus moet beide partye 100% gee. “Dit was onverwags maar wie is ek om nou te stry... Dit was lekker om hom te ontmoet en te leer ken. Ek is nie spyt oor enigiets nie.”


 

Dis ’n ja of ’n nee

Tyson en Alri voel mens klim nie in die diepkant in nie. Iets wat in ses maande moes gebeur het die afgelope ruk vining ontwikkel tussen dié twee. Beide bieg dat hulle gemaak is vir mekaar en dit geweet het vanaf dag een. 

Die paartjie is nou vir sowat ’n maand amptelik in ’n romantiese verhouding. Na plaasweek het hulle mekaar elke naweek gesien en dus mekaar baie vining leer ken.

Die aantreklikste eienskap vir Alri van Tyson is dat sy rustig voel by hom. Die sekuriteit wat hy bied is vir haar baie aanloklik en sy meen hy vang haar nooit omkant nie. “Ek dink hy is uitgesort. Hy weet wat hy wil hê. As hy sê hy soek nie Coke nie, dan weet ek hy soek nie Coke nie. ‘Nie ja, miskien nie’. Dis ja, ja, nee, nee.

“So as hy my daar wil hê dan sal hy vir my sê e nek weet di ten ek vertrou dit.”

Volgens Tyson “vloei dit”. Vir hulle is dit glad nie moeite om tyd saam te spandeer nie. “Dis wat ek gesoek het en dis wat ek gekry het.”

Die pad voorentoe vir dié paartjie? Om die lewe saam te geniet, dalk ’n vakansie of twee, en kinders by dosyne.

Die verfilming van die 14de seisoen van Boer soek ’n vrou was nie sonder snaakse insidente en goggas nie – lag lekker saam:



Vir nou vier ons ’n suksesvolle seisoen 14 van Boer soek ’n vrou en klink ’n glasie op die liefde. Maar boere regoor Suid-Afrika word aangemoedig om solank in te skryf vir seisoen 15. Kliek hier om in te skryf. Gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.