Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

'n Boere Bederf - Boer Soek 'n Vrou

Nuus
02 Maart 2023
In vandeesweek se episode van “Boer soek ‘n vrou” het ons boere hulle pasmaats op ‘n uitstappie geneem om hulle beter te leer ken. Hier is wat hulle aangevang het:
Boer soek 'n vrou

Boer Louis B

Kisha, Rachie en Cherecé vertel van ‘n lekker kuier waar hulle tot laat wakker gebly het en musiek geluister het terwyl Louis grapperig speel en terg.

Na ‘n lekker stewige koppie koffie vertrek die groep, effe moeë, dames en Louis, met sonbrille stewig in plek, uit op ‘n asemrowende wildrit op ‘n plaaslike reservaat, afgesluit met ‘n pragtige piekniek onder ‘n koelteboom. ‘n Skelm vonkelwyn prop laat hulle gou wakker skrik en dit lyk asof die gesprek weer net so gemaklik soos die drankies vloei.

Boer Francois

Ons kry vir Lorinda en Vanessa in die kombuis besig om vir Francois ontbyt te maak en die drie gesels asof hulle al jare saam in die huis bly. Francois is absoluut mal oor diere en besluit om sy dames te bederf met ‘n uitstappie na ‘n bewaringsentrum. Al het hy die dames gereeld vooruit gestoot as dit by die interaksies gekom het, het hy self deelgeneem by die bosapies en die jagluiperd. ‘n Ontspanne middagete het gevolg waar Lorinda ‘n spesiale belangstelling in sy volstruisplaas en veral die administrasie daarvan begin toon het.

Boer Philru

Karla, Sumari en Lané praat oor hoe Philru elke dag ‘n bietjie meer oopmaak en meer van homself deel. Die vier van hulle saal op vir ‘n perde rit avontuur wat eindig in ‘n verfrissende water baljaar. Na ‘n spesiale interaksie met oulike leeuwelpies maak die klomp grappies oor ‘n ligte middagete. Al vloei die gesprek nie so maklik soos die ander boere nie, kan ons die effense glinster in Philru se oë sien wanneer hy oor sy dames praat.

Boer Hennie

Wie sê jy kan nie wyn vir ontbyt drink nie? Boer Hennie bederf vir Madeleen, Rachelle en EloÏse met ‘n privaat wynproe by ‘n klein familie-kelder gevolg deur ‘n interessante kuns-aktiwiteit wat borrels en verf behels. Nadat die borde versier is sit hulle aan vir ‘n ander een gevul met heerlike vrugte en kaas terwyl hulle mekaar beter leer ken.

Boer Louis M

Anja, Laurette en Dihana begin die dag met ‘n regte bos-koffie agter op die bakkie en ons sien hoe Louis die dames al hoe stywer om sy pinkie draai. Dit vat nie lank vir hom om selfs ‘n rugkrappie te kry nie. Die vier besoek Chova, die olifant en na ‘n ongelooflike persoonlike ervaring word hulle almal verras met ‘n stortreën wat hulle nie verwag het nie. Die dames stoei om weg te kruip agter Louis wat die meeste van die sproei kry, maar dit lyk nie asof hy omgee om die held te speel nie.

Vertel vir ons wat jou perfekte bederf dag sal inhou. 

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir al die vermaak en gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Instagram en Twitter te gebruik.