Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

‘n Blitsvinnige kuiertjie met Loki – Boer soek ‘n vrou

Nuus
10 Februarie 2023
kykNET-Digitaal gesels met Loki Rothman oor wat voorlê vir hom in 2023 en sy verskyning tydens die 4de episode van “Boer soek ‘n vrou”.
BSV S15 Loki Article

Loki Rothman het geen bekendstelling nodig nie! As daar ‘n Afrikaanse liedjie is wat jy nie uit jou kop kan kry nie, is die kanse goed dat dié liedjieskrywer, vervaardiger en Wat dit vat-aanbieder, betrokke was.

Hoe was die ervaring gewees om die boere en pasmaats te help om hulle liedjie te skryf?

Ek was verbaas met die resultate. Ek het lanklaas met mense ’n liedjie geskryf wat nie noodwendig liedjie skrywers is nie. So dit was nogal vir my ’n lekker proses om hulle te leer en myself te herinner aan my eie reëls wat ek het as dit by liedjie skryf kom, bv.dat daar nie iets soos ’n slegte idee is nie. Skryf dit neer en sien dit deur –  veral in ’n groep. ’n Slegte idee kan altyd ’n goeie idee laat “spark” by iemand anders.

Watter een van die boere het “wat dit vat” om ‘n “rockstar” te wees?

Ek het nou nie noodwendig ’n stem gehoor wat ek wil teken nie. (haha :-) ), maar iemand wat naby kom sou ek sê is Louis B. Ek dink hy het die gees en het sommer daar opgedaag met ’n leerbaadjie.

Wat is jou raad aan die boere vir hulle liefdesreis vorentoe?

Wanneer dit kom by om ’n keuse te maak dink ek die belangrikste ding is om lief te wees vir iemand vir wie hulle is, en so moet hulle ook vir jou lief wees vir wie jy is en wat jy doen. As jy iemand kan kry wat nie die lewe so ernstig opneem nie en wat jy regtig ’n lekker tyd mee kan hê sou ek sê daai is jou beste kans vir ’n baie gesonde verhouding. 

Het jy al ‘n liedjie geskryf vir iemand om hulle te beïndruk?

Wel nog net die kunstenaars wat vir my vra om vir hulle liedjies te skryf :-), maar as dit by my eie liedjies kom wat ek sing is dit altyd ’n baie meer natuurlike proses waar ek wil skryf. Iemand sal dalk ’n liedjie inspireer maar ek sal dit nooit skryf om hulle te beïndruk nie.

Wat lê nog voor vir jou in 2023? Nuwe musiek?

Vir die eerste keer in ’n baie lang tyd het ek weer my eie musiek begin skryf en is weer reg om bietjie die verhoog te betree. Ek het tydens Covid voltyds amper begin vervaardig en film musiek skryf en myself op ’n heeltemal ander vlak gedruk wat dit aanbetref. Ek gaan nuwe musiek binnekort vrystel asook nuwe musiekvideo’s wat besig is om vervaardig te word.

As jy krediet kon kry vir enige liedjie wat al ooit geskryf is, wat sal dit wees en hoekom?

Baie moeilike vraag. Daar is so baie. Eerste een wat kop toe kom sou ek sê John Mayer se Walt Grace’s Submarine Test January 1967 of Seal se Kiss From a Rose. Great songwriting

Maak seker jy bly ingeskakel op kykNET, kanaal 144 vir die nuutste romantiese verwikkelinge vanaf die plaas tydens Boer soek ‘n vrou en onthou om saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik.