web uni tv guide
web uni tv guide

Op Pad Met My Potjie

144DramaPG

Kâias en Tsaobere: Hoachanas – Op pad met my potjie

Nuus13 Februarie 2026
Probeer gerus dié resep!
Op pad met my potjie S2 Ep 12 Article Image

Kâias en Tsaobere, oftewel uitgebraaide skaapvet en brood wat in kole gebak word. 

Tsaobere

2,5 kg meel

200 g volgraanmeel (ongeveer 1½ koppies)

1 eetlepel salt

10 g kitsgis

1 eetlepel suiker

3 eetlepels olyfolie

ongeveer 350 ml louwarm water

Meng die droë bestanddele in ’n groot mengbak. Voeg die water geleidelik by. Voeg die olyfolie by en hou aan met meng. Voeg genoeg water by tot die deeg stewig, maar nie klewerig is nie.

Vorm die deeg in ’n ronde of ovaal brood. Maak ’n vuur en laat dit brand tot daar ’n dik laag warm as en kole is. Plaas die deeg direk op die as en kole en skep nog as en kole bo-op.

Laat die brood vir 15 tot 20 minute bak. Toets met ’n tandestokkie of ’n mes om te kyk of dit gaar is. Indien nie, bak vir nog 5 tot 10 minute. Haal die brood uit die as en kole, skraap al die as en kole af en laat effens afkoel voor dit opgedien word.

 

Kâias

5 kg skaapstervet

100 ml vars melk

1 eetlepel sout

genoeg water om ’n pot half vol te maak

Sny die skaapstervet in blokkies. Plaas eenkant. Verhit die pot oor ’n vuur tot warm. Wanneer die pot warm is, plaas die blokkies vet in. Gooi genoeg water oor om die pot half vol te maak. Voeg sout by en roer. Laat dit sonder ’n deksel kook tot al die water weggekook het. Voeg die melk by en roer. Braai verder tot bruin en bros. Bedien saam met die varsgebakte brood.

Skakel Vrydae om 18:30 in vir splinternuwe episodes van Op pad met my potjie. Jy kan ook saam gesels op FacebookInstagramTikTok en X deur die hutsmerk, #OpPadMetMyPotjie te gebruik.