Logo
web uni tv guide

Tydelik Terminaal

144Drama13L

Hodgkin se siekte: Nie ’n doodsvonnis nie

Nuus
06 November 2019
Lees meer oor Kittie Claassen se siekte.
Hodgkins Artikel

’n Kanker-diagnose is altyd ’n skok. So was dit ook vir Kittie Claassen, die hoofkarakter in Tydelik Terminaal, wat deur die jong aktrise Carla Smith vertolk word. Die reeks is op die mede-draaiboekskrywer van die reeks, Elanie Rupping, se eie storie gegrond. Ook sy is in haar honneursjaar met Hodgkin se siekte gediagnoseer.

Wat is Hodgkin se siekte?

Dit is ’n soort kanker wat in die limfostiese selle in die immuunstelsel begin. Dit beïnvloed die limkliere en limfweefsel. Mense in enige ouderdomsgroep kan dit kry, maar dit is meer algemeen in die ouderdomsgroep van 15 tot 40 en ouer as 55.

Daar is twee hoof tipes van die siekte:

Hodgkin se Limfoom is skaars in kinders jonger as vyf jaar oud. Die simptome in ouer kinders en volwassenes is soortglyk.  

Nie-Hodgkin Limfoom is meer algemeen in jonger kinders, maar skaars by kinders jonger as vyf jaar oud. Kinders is geneig om beter op behandeling te reageer as volwassenes.

Die oorsaak van Hodgkin se siekte is onbekend.

Wat is die simptome?

Die mees algemene simptoom is swelling van die limfkliere wat dan ’n knop onder die vel sal vorm. Die knop is gewoonlik nie pynlik nie en kan in enige van die volgende areas voorkom:

  • aan die kant van die nek
  • in die oksel (armholte)
  • in die lies

Ander simptome sluit in:

  • nagsweet
  • jeukerige vel
  • koors
  • moegheid
  • gewigverlies
  • aanhoudende gehoes, borspyn en sukkel om asem te haal
  • pyn in die limfkliere ná alkoholverbruik
  • vergrote milt

Die volgende toetse kan gedoen word sodat ’n diagnose gemaak kan word:

  • x-strale en skanderings
  • ’n biopsie van die limfklier
  • bloedtoetse om die vlakke van rooibloedselle, witbloedselle en plaatjies te meet
  • ’n longfunksietoets om vas te stel hoe goed jou longe werk
  • ’n harttoets om vas te stel hoe goed jou hart werk
  • ’n beenmurgtoets om vas te stel of die kanker versprei het

Wanneer die diagnose gemaak is, word daar vasgestel in watter fase die kanker is. Dit sal dokters help om die beste behandeling voor te stel. Daar is vier fases van Hodgkin se siekte: van fase een wat die beginstadium van die kanker is tot fase vier waar dit na ander dele van die liggaam versprei het soos die beenmurg, lewer of longe.

Hoe word Hodgkin se siekte behandel?

Die behandeling sal afhang van die fase waarin die siekte is, maar dit word meestal met chemoterapie of bestraling behandel.

Wat is die prognose?

Meer as 90 persent van mense met fase 1 of 2 oorleef vyf jaar of langer nadat hulle gediagnoseer is en behandeling ontvang het. Tussen 75 en 90 persent van mense met fase 3 of 4 oorleef vyf jaar of langer ná diagnose. Selfs al kom Hodgkin se siekte terug, is die kans baie goed dat dit weer suksesvol behandel kan word.

Bronne: 

https://www.healthline.com/health/hodgkins-lymphoma#diagnosis

https://www.cansa.org.za/files/2017/09/CANSA-Top5-Kinderkankers-en-Simptome-2017-Afrikaans.pdf

https://www.cancerresearchuk.org/about-cancer/hodgkin-lymphoma/survival