Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Hitte met Herman: Swartpotwors en bone in smoor – Kokkedoor Vuur & Vlam | kykNET

Nuus
10 Augustus 2023
Geniet hierdie lekker swartpotwors en bone in smoor-resep deur Herman Lensing.
wors en bone resep

Genoeg vir 4-6

Wat jy benodig: 

hout of kole vir braai

30 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 cm-stuk vars gemmer

10 ml fyn koljander

10 ml vinkelsaad

2 x 410 g-blikke gekapte tamaties

120 ml perskeblatjang

45 ml suiker

sout en varsgemaalde swartpeper

2 x 410 g-blikke botterbone, gedreineer

600 g boerewors

Hoe jy dit doen:

Maak ’n vuur vir baie warm kole. Verhit ’n middelslagswartpot oor die kole tot warm – ek plaas die pot op ’n braairooster sowat 10 cm van die kole af. Giet olyfolie in pot en voeg uie, knoffel en gemmer by. Roerbraai 1-2 minute of tot uie sag en deurskynend is. Voeg koljander, vinkel, tamatie, blatjang en suiker by en meng. Geur met sout en peper. Verlaag die hitte deur kole weg te krap tot die pot stadig prut. Laat prut sowat 15 minute of tot ’n geurige sous vorm; roer nou en dan. Sodra smoor lekker geurig en gaar is, voeg bone by en plaas wors in ’n spiraal bo-op. Sit pot se deksel op en laat wors in smoor gaar word, sowat 12-15 minute. Onthou om gereeld vars kole onder die pot in te krap sodat dit deurentyd kook. Sit warm voor.

Kyk die video hier bo om te sien presies hoe Herman dié resep voorberei!