Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Hitte met Herman: Geelstert op die kole – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
28 Julie 2023
Probeer self Herman Lensing se resep vir geelstert op die kole!
Hitte met herman

Goeie vis vra vir eenvoudige geure en smake.
Genoeg vir 6 - 8

Wat jy benodig:

  • 115 g botter
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml miso-smeer
  • 45 ml witwyn asyn
  • 1 hand pietersielie, fyngekap
  • 1 groot geelstert, oopgevlek
  • kole of hout vir braai

Hoe jy dit doen:

Kry kole vuur warm. Plaas botter, knoffel, miso, asyn en pietersielie in medium groot pot. Verhit oor lae hitte tot gesmelt. Plaas geelstert in toekklap rooster en plaas velkant oor warm kole, laat die vel eers bros braai. Smeer intussen bokant van vis ruim met botter. Draai vis om en braai verder tot sag en gaar. Sit warm voor. 

Kyk die video hier bo om te sien presies hoe Herman dié resep voorberei!