Logo

Hier is die benoemdes – 14de kykNET Fiëstas

Nuus
08 Desember 2023
Die wenners word op 7 Maart 2024 by The Lookout in Kaapstad aangekondig.
12de Fiëstas 2022 – Billboard

Met die ses groot Afrikaanse kunstefeeste – Suidoosterfees, KKNK, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Toyota US Woordfees en Momentum Beleggings Aardklop – wat die afgelope jaar weer volstoom aan die gang was, het dié in die kunste weer gewys dat talent in Suid-Afrika volop is. 

 

Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste wat in die voorafgaande jaar by kunstefeeste te sien was.

"2023 was die eerste jaar sedert die pandemie wat al ses feeste weer in hulle volle glorie kon feesvier. Hoë gehalte werk het gehore na hulle asems laat snak! Die Fiëstas-paneel wil graag die feeste en kunstenaars gelukwens vir 'n suksesvolle feesjaar," sê Robyn van de Rhede, sameroeper van die paneel. 

 

Hiermee die benoemdes: 

BESTE AKTEUR

Dawid Minnaar – Mirakel

Dean Balie – Ver in die wêreld, Kittie

Eldon van der Merwe – Fietsry vir dommies

Frank Opperman – Reünie

 

BESTE AKTRISE

Amalia Uys – Mirre en aalwyn

Antoinette Kellermann -  Teen wil en dank 

Lee-Ann van Rooi – The Woman Who Fed the Dogs

Shimmy Isaacs – Gin my die genade

 

BESTE MANLIKE BYSPELER

André Roothman – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston

Eben Genis – Mirakel

Geon Nel – Mooiplaas 

Wilhelm van der Walt – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston 

 

BESTE VROULIKE BYSPELER

Antoinette Kellermann – Goed wat wag om te gebeur

Bettie Kemp – Mirakel

Daneel van der Walt – Mirre en aalwyn

Jill Levenberg – Droomwerk 

 

BESTE REGIE

Jaco Bouwer – Die vegetariër

Marthinus Basson – Mirakel

Nico Scheepers – Braam en die engel

Neil Coppen, Craig Leo en Carlo Daniels – Droomkraan kronieke

 

BESTE TEATERONTWERP

Jaco Bouwer – Die vegetariër 

Nico Scheepers en Nell van der Merwe – Braam en die engel

Neil Coppen en Craig Leo – Droomkraan kronieke

Wolf Britz – Tuis, ek’s liefie 

 

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS, VERWERKING OF VERTALING

Antjie Krog, Nunke Khadimo en verskeie digters – Met woorde soos kerse 

Dana Snyman – Reünie

Marthinus Basson - Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston

Tiffany Saterdacht, Neil Coppen en inwoners van Oudtshoorn – Droomkraan kronieke

Lynthia Julius & Veronique Jepthas - My kroon se krank

 

BESTE OORSPRONKLIKE MUSIEK

Graeme Lees – Classical Calabash

Loki Rothman & Nataniël – Ring van vuur

Mbuso Ndlovu – Echoes of Heritage

Melissa van der Spuy – House of Rhythm 

 

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK

Erik Dippenaar en Ralitza Macheva – Variations

Megan-Geoffrey Prins, Suzanne Martens en Peter Martens – Harmony of Serenity: Arvo Pärt’s Musical Meditations

Jacobus de Jager, Nina Schumann en Megan-Geoffrey Prins – Rachmaninoff’s 150th Birthday Bash

 

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS

Carin Bester – She had a name 365 

Dineke van der Walt – Kurator: Hide & Seek: Reimagined Histories

Liza Grobler – Inkommers, laatkommers en laatlammers 

Tafadza Tega – Chisi Hachieri Musi Wacharimwa: A Seed Will Take Its Time To Grow

 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: BUITELUG OF PODIUM

Innibos kykNET-konsert

Anders/Eenders

Classical Calabash

Echoes of Heritage

 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: TEATER

Amanda Strydom – Amber/Ombré

David Kramer – Ver in die wêreld, Kittie

Ensemble – Met woorde soos kerse

Nataniël – Ring van vuur

 

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR

Gift Wamala – Heterogene Homo Sapiens

Esmé Marthinus – Stof 

Kerscha Titus – Jantjies and the Pearls 

Van der Aven – Uit volle bosch

 

BESTE FEESPRODUKSIE

Braam en die engel – Momentum Beleggings Aardklop

Die vegetariër – Toyota US Woordfees

Droomkraan kronieke – KKNK

Echoes of Heritage – Vrystaat Kunstefees

 

BESTE ENSEMBLE

Anders/Eenders

Braam en die engel

Echoes of Heritage

Droomkraan kronieke

Mirakel

 

BESTE KINDER- OF OPVOEDKUNDIGE PRODUKSIE

Braam en die engel – Regisseur: Nico Scheepers

Liewe Heksie vang vis – Margit Meyer-Rödenbeck

Hans Haas sê hallo! – Regisseur: Alexander Steyn

Stars – linkwenzkwezi – sterre – Regisseur: Amelda Brand

 

Die wenners word op 7 Maart 2024 by The Lookout in Kaapstad aangekondig. Die geleentheid is slegs vir benoemdes en ander rolspelers en word nie regstreeks uitgesaai nie. Daar sal wel insetsels vir verskeie programme verfilm word. 

 

Vereerdes vir die 14de kykNET Fiëstas word vroeg in 2024 bekendgemaak. 

 

EINDE.