Logo

Episode 9: Tuisnywerheid

Nuus
08 Mei 2015
In vandeesweek se episode word daar hulde gebring aan tuisnywerhede.
Jodetert1

Waar die pap volgens Gerrit verlede week dik geraak het, raak dinge dié week selfs warmer in die kombuis.

Vandag word daar hulde gebring aan tuisnywerhede. In die tuisgebak-uitdaging moet die Koekedore een van die grootste tuisnywerheid-treffers aanpak: outydse melktert.

“Dit is ’n fantastiese ode aan al die vroue wat hulself doodbak vir tuisnywerhede,” sê Mareli.

Jy moet aandag gee aan die fynste detail, sê Martjie, want dít kan jou op hierdie stadium in die kompetisie maak of breek. Sy ma was die melktert-koningin van die Laeveld, sê Gerrit.

Hierna is dit tyd vir die Koekedore om Mari-Louis se Joodse tert baasraak.

34 latwielepisode


“Ek verwag beeldskone koeke,” sê Mari-Louis, maar Valerie meen daar kom moeilikheid.

“Jy leer hierdie mense so goed ken; jy kan amper voorspel wat hulle volgende gaan doen,” sê Gerda oor haar mede-Koekedore.

In die pronkgebak-uitdaging moet die deelnemers elkeen 24 vlaskywe bak, met watertand-geure.

Gerda geur haar bakkersvla oudergewoonte met likeur. “Martjie, jy moet nou wragtig dink oor wat jy doen,” mompel Martjie vir haarself. Sy maak ’n amandel-en-haselneut-meringue. Mareli kies ook haselneut, maar sy geur haar bakkersvla ook met Nutella. Valerie maak onder meer ’n grenadella-smeer.

Dan word dit tyd om te groet.

Martjie en Gerrit het die beoordelaars vandag die meeste beïndruk, en Martjie word as episode-wenner aangewys.

Valerie en Mareli het vandag moeilikheid gehad, maar Valerie is die sesde Koekedoor wat die stoor verlaat. “Dit was die beste wat ek kon doen,” sê Valerie. “Ek gaan huis toe met ’n baie ligte hart.”