Logo

Emo, Tarryn en top-10 op een verhoog! – Maak My Famous

Nuus
25 Julie 2019
Kom kuier saam!
MMF

Emo Adams, Tarryn Lamb en die top-10 finaliste van kykNET se trefferreeks Maak My Famous saam op die verhoog. Ja, op 14 September het aanhangers ’n kans om hierdie uitsonderlike konsert by te woon wanneer die Maak My Famous-konsert by die Grand Arena by die GrandWest Casino and Entertainment World in Kaapstad op die planke is.

Die wenner van Maak My Famous, Chesywn Ruiters, asook die res van die top-10 is deel van die konsert:  

  • Naaswenner, Bernice West
  • SA Ensemble
  • Megan Danner
  • The Unknown
  • Rezah Forbes
  • Shadow (Denton Peters)
  • Jesmone Damonse
  • Jolene Slingers
  • MC Noedy

“Ons het Maak My Famous geskep omdat daar ’n beoefte was, sodat daar uitgeryk kon word na gemeenskappe en talent ontwikkel word,” sê die skepper en aanbieder, Emo Adams. “Ek wou werklik ’n verskil gemaak het en nie net ’n ‘mooi’ TV-program vervaardig het nie. Ons wou lewens aanraak en ontwikkel. Werklik ’n verskil maak. Die boodskap aan die kykers het dit ook uitgedra: Net omdat jy in moeilike omstandighede woon, beteken dit nie dat jou lewe kan verander nie. Ek wou gewone Suid-Afrikers wys dat enige talent kan in ’n suksesvolle loopbaan omskep word as jy die regte opleiding en mentorskap het. Hierdie konsert is die viering van daardie reis. Dit is kersie op die koek ná ure en ure se opofferings, repetisies, bloed en sweet.” 

Aanhangers kan uitsien na gasoptredes deur Early B en Jarrad Ricketts asook Maak My Famous-mentors Alistair Izobell, Nur Abrahams en Charlton Liebenberg.

“Die groei wat ek in die top-10 gesien het, was ongelooflik,” sê die SAMA- en Ghoema-wenner Tarryn Lamb. “Koop ’n kaartjie en kom sien vir jouself hoe professioneel hierdie nuwe sterre op ’n reuse-verhoog is. Die top-10 gaan beslis ’n aand beleef wat hulle nie sommer gaan vergeet nie.”

Kaartjieverkope vir die Maak My Famous-konsert  is nou by www.computicket.com te koop. Kaartjiepryse begin by R120. Daar is ook spesiale Meet & Greet-kaartjies beskikbaar.

Volg die nuus oor die konsert op Facebook. Die Maak My Famous-konsert word ondersteun deur kykNET, Kuier, Son en Heart fm.