Logo

Eldos Kunste- en Jazz-fees mik hoog

Nuus
12 September 2016
Die Eldos Kunste- en Jazz-fees (EAJF) word reeds as die mees diverse fees in Johannesburg beskou, maar vanjaar mik ons nog hoër. Ons het vyf dubbelkaartjies om weg te gee!
Eldos Jazz Fees
Die Eldos Kunste- en Jazz-fees (EAJF) word reeds as die mees diverse fees in Johannesburg beskou, maar vanjaar mik ons nog hoër. Hierdie vinnig groeiende gemeenskapsfees vermaak musiek- en kunsliefhebbers nou al vir 10 agtereenvolgende jare. Gedurende hierdie dekade het van Suid-Afrika se mees hoogaangeskrewe musieksterre en kunstenaars by die EAJF opgetree en uitgestal.

In ons 11de jaar bied die EAJF 2016 die geleentheid aan ons getrouste plaaslike ondersteuners om aan die fees deel te neem. Ons is dus trots om aan te kondig dat ons program vanjaar skitter met tuisgekweekte talent vanuit alle hoeke van die vermaaklikheidsbedryf.

Met swaargewigte soos #IJUSTWANAPLAY se Joshua Zacheus agter die tromme, en die bekroonde komediant Dillan Oliphant in die Goliath Comedy Show trek die fees vanjaar al die registers. Die program is propvol aktiwiteite en vermaak vir almal – van kleinverhoog-teater, komedie en kulturele dansvertonings tot uitvoerende kunste en kontemporêre jazz.

Die weeklange fees het op 30 Augustus afgeskop en die eerste fase het op 4 September geëindig in afwagting op die groot finale.

Nadat ’n nuwe rekordgetal van 15 000 ondersteuners ons 2015-finale saamgevier het, is ons by die EAJF meer as opgewonde oor die skouspel wat ons vir vanjaar voorberei het. Die musiekfees, wat om 12:00 op 18 September 2016 by die Eldorado Park-sokkerstadion in Uitbreiding 6 lostrek, beloof om te beïndruk met verskeie opgraderings en hoogtepunte. Plaaslike kunstenaars deel die verhoog met beroemde nasionale kunstenaars en gevierde internasionaal bekendes – danksy Standard Bank direk van die “Joy of Jazz”-verhoog.

Ons het ’n kompetisie gehou om dubbelkaartjies weg te gee. Dié kompetisie het reeds gesluit. Baie geluk aan Mishell Radebe, Neville van Diemen en Nick Swartz!


Besoek ons webwerf of Facebook-bladsy vir verdere inligting of kontak ons feeskantoor direk by 082 325 0110 of beea2eldosartsnjazzfestival.co.za.

Die volledige lys van kunstenaars wat optree in ons 2016-finale:

Talent Mash-up Dancers
Sweet Surprise (met Caleb Johnson)
Paul van Kessel
Njami Rosie
Deborah Carter
Graz Roots Project
Dawnay
Sipho ‘Hotstix’ Mabuse
MFR Souls

Bepalings en voorwaardes vir kompetisie

– Die kompetisie strek vanaf 12 tot 14 September 2016.
– 5 Dubbelkaartjies na die Eldos Kunste- en Jazz-fees word weggegee.
– Alle vervoer is op die wenners se eie onkoste.
– Die prys sluit slegs toegang na die fees in. Verversings moet op eie onkoste gekoop word.
– Die wenner sal op kykNET se webwerf aangekondig word.
– kykNET behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
– Indien die kompetisie gekanselleer word, is kykNET nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Die wenner word deur ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
– Dieselfde persoon kan net een maal wen.
– Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
– Ingevolge die Verbruikersbeskermingswet moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
– Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie.
– Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
– Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.

Kontakbesonderhede: Netesha Armien (Tess)
Selfoon: 072 335 6923
E-pos: [email protected]
FB: facebook.com/eldosartsnjazzfestival
Webwerf : www.eldosartsnjazzfesival.co.za