Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

Die volgende stap – Boer soek ’n vrou

Nuus
27 Januarie 2023
Hierdie vyf boere het groot besluite wat voorlê
Boer soek 'n vrou

In vandeesweek se episode het vyf boere uitgevind dat die pad na liefde hulle Kaapstad toe neem om tien pasmaats vir blitsafsprake te ontmoet!

Boer Francois

Ons oudste boer was “woordeloos” toe die een sak vol briewe na die ander langs hom neergesit word. Hierdie soektog is Francois se tweede kans om liefde te vind en sy warm persoonlikheid het baie aandag gelok, wat beteken dat hy ’n paar moeilike keuses gaan moet maak. Marciel beskryf Francois as die “teddiebeer-boer” en ons kan nie meer saamstem nie! Ons kan net hoop dat Boer Francois sy “cuddle buddy” sal kry tydens hierdie proses.

Boer Hennie

Hennie se hande het gebewe terwyl hy deur die groot hoop briewe gegaan het wat hy nie verwag het nie! Ons rustige boer het ’n groot stap geneem om deel te wees van hierdie proses en hy gaan nou nóg meer buite sy “comfort zone” moet gaan om tien dames te gaan ontmoet. Boer Hennie dink lank en diep oor elke besluit wat hy maak, maar met tyd wat min is gaan hy sy “gut” moet volg en hoop dat sy keuses dalk lei tot iets spesiaal.

Boer Philru

Altyd vol grappe en altyd vol liefde. Dié boer het genoeg vir ’n leeftyd gebloos en sy kake seer gelag terwyl hy soos ’n kind op Kersfees elke geskenk met groot glimlag en aansteeklike opgewondenheid oopgemaak het. Boer Philru gaan egter die meer ernstige deel van sy persoonlikheid moet wys en sy hart oopmaak om moontlik iemand te ontmoet wat saam met hom elke oomblik kan geniet.

Boer Louis M

Hierdie boer sit nooit stil nie en is altyd op vir ’n lekker kuier! Louis M se broer dink dat hierdie die perfekte tyd is vir hierdie boer om sy pasmaat te vind nadat hy harde lesse uit vorige verhoudings geleer het. Met baie briewe van “Kersvader” gaan Louis M mooi moet dink oor die tipe mens met wie hy ’n pad kan stap.

Boer Louis B

’n Jong boer met baie energie en ’n lus vir die lewe. Louis B was ietwat omkant gevang met die hoeveelheid briewe wat hy ontvang het en van die boodskappe het hom vinnig laat warm kry! Dié boer is gewoond aan die adrenalien wat pomp met sy verskeie stokperdjies, maar gaan hy iemand ontmoet wat sy hart nóg vinniger sal laat klop?

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir al die vermaak en gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Instagram en Twitter te gebruik.