Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra is ’n situasiekomedie wat in die munisipaliteit van Gwarra-Gwarra se kantore afspeel. Dié kykNET-sitkom is ’n Willie Esterhuizen-reeks, met onder andere Frank Opperman en Lizz Meiring.
In die eerste episode van die tweede seisoen gaan die top-bestuur na ’n bosberaad. Híér raak die burgermeester getrek saam met mnr. Joe Hall, en die twee maak amok.
Kyk Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (seisoen twee), Maandae om 20:30.