Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 4: Ons gaan nou braai ... – Kwarantyn

Nuus
13 Junie 2020
Daar is min goed so lekker soos 'n tjoppie op die kole, 'n geselsie om die vuur of 'n goed-geroosterde braaibroodjie.
emerson vieira RO6Ke69Szhg unsplash

Vandag in die Kwarantyn-huise was beide families se koskenades-uitdaging om te braai. Wat meer wil jy hê op hierdie ysige Saterdag? 'n Tjoppie op die vuur, 'n braaibroodjie waar die kaas uitsmelt en goeie samesyn. 

Kyk hier na van die oomblikke uit vandag se braai-koskenades:

kos1
Kos2
kos6
kos10
kos7
kos8
kos9
kos4
kos3
kos5
Gallery
kos1

Die kykers het gevra en hier het ons die Aartappel & Pynappel-slaai resep vanuit vandag se episode:

Bestanddele:

  • 3 aartappels
  • 2 wortels
  • 220ml mayonnaise
  • 2 koppies pynappel blokkies
  • 2 eetlepels gekerfde uie
  • 1 eetlepels gekerfde pietersielie
  • ¼ teelepel swart peper
  • 1 teelepel wit suiker
  • 6 koppies water
  • Sout na smaak

Instruksies

  • Kook die water in 'n pot
  • Skil die aartappels en wortels
  • Plaas die aartappels in die water en kook vir 2 minute
  • Voeg die wortels by en kook 'n verdere 10 minute
  • Plaas die aartappels en wortels in 'n bak met koue water en los vir 6 minute
  • Verwyder die aartappels en wortels van die water, droog af en sny in blokkies
  • Gooi die mayonnaise in 'n bakkie, voeg by die uie, swart peper, suiker en sout en meng deeglik deur
  • Voeg die pynappel, wortels en aartappels by en vou tot al die bestanddele goeg gemeng is
  • Vieg die pietersielie by en vou weer
  • Bedek die bak en plaas dit in yskas vir een uur

Deel gerus jou braai-resepte met ons op FacebookInstagram en Twitter en gesels saam deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.