Logo

Boer Soek ’n Vrou: Possakke vol

Nuus
28 Oktober 2016
Ons het met aanbieder Minki Joubert en die top-vyf boere oor vandeesweek se episode van Boer Soek ’n Vrou gesels.
BSV9 Ep2 Minki

Ons het met aanbieder Minki Joubert en die top-vyf boere oor vandeesweek se episode van Boer Soek ’n Vrou gesels.

Johannes meen hy is verras deur die hoeveelheid aangename briewe wat hy ontvang het, en hoe volwasse die briefskrywers is.

Volgens Leon-Fritz is daar drie briewe wat “baie uitgestaan het”. Een van dié vroue het vir die boer ’n gedig geskryf. “Daar is meisies wat baie moeite gedoen het,” sê hy.

Hennie vertel hy het nie werklik snaakse briewe ontvang nie, maar hy het wel “mooi” briewe en geskenkpakkies ontvang.

Vir Arno het twee briewe “dadelik uitgestaan”. Sy hond het ook heelwat geskenke ontvang, lag die boer.

Een vrou het vir Rob geskryf dat sy as jong meisie verlief was op hom en nog onthou hoe sy hom op die bus raakgesien het. “Dit was nogal snaaks gewees om só ’n brief te kry,” sê hy.

34 bsv top5 2016


Kyk die volledige video:



Minki sê sy is dankbaar vir die geleentheid om saam met die boere deur die briewe te kon werk. Sy wens die boere alle sterkte toe, omdat sy weet dit kan nie maklik wees om jou hart voor die kameras oop te maak nie. “Ek haal my hoed af vir hulle en ek hoop regtig dat hulle ware liefde vind in die proses.”

Kyk hier:



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.

Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.