Logo

Boer Soek ’n Vrou: Kykers stem oor plaaskuiers en liefde

Nuus
02 Desember 2016
Boer Soek ’n Vrou-kykers het hul stemme laat hoor op WeChat! Lees meer hier.

Boer Soek ’n Vrou-kykers kan weekliks deelneem aan ons WeChat-peiling! In die episode wat op 17 November 2016 uitgesaai is, het die boere die vroue wat hulle saamgenooi het op die plase verwelkom.

Ons wou op WeChat by kykers weet of hulle dink die boere die regte vroue saam plaas toe genooi het. Só het julle gestem:

Sonder twyfel – almal gaan goed aanpas! – 0% van die stemme;
Ek is nie seker oor die stadsmeisies nie... – 20%;
Die plaas is ’n bysaak. Is sy die regte een vir die boer? – 20%; en
Net tyd sal leer – 60%

Die week daarna is daar lekker verder op die plase gekuier. Op die meeste plase was die atmosfeer lig, maar die boere het ál meer bewus geraak van die moeilike keuse wat hierdie week voorlê. Op WeChat wou ons weet hoe kykers dink dit moet voel om in die boere se skoene te wees. Hier is wat julle gesê het:

Dis ’n tawwe een – die meisies is wonderlik – 0% van die stemme;
Ek dink die boere weet reeds hoe dinge gaan uitdraai – 25%;
Dit lyk hier en daar asof iemand alleen gaan opeindig – 63%; en
Die boere benodig meer tyd om ’n besluit te kan maak – 13%

Hierdie week vra ons: Wat beteken dit om verlief te wees op iemand?


Wil jy deelneem? Laai dan die kitsboodskapdiens WeChat (dit is gratis in Android of Apple se aanlyn winkels beskikbaar) af en gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg. Klik op die ikoon regs bo-aan kykNET se profiel en kies “Follow”. Nou kan jy gaan stem! Klik op “Stem Boer” om aan die peiling deel te neem en jou stem te laat hoor!

Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.