Logo

Baba no. 2 vir Emo en Michelle

Nuus
02 September 2016
Jou Show-aanbieder Emo Adams en Michelle Gildenhuys verwag hul tweede kind en het dit só op sosiale media aangekondig.
Emo Adams Broodjie Oond

Jou Show-aanbieder Emo Adams en Michelle Gildenhuys verwag hul tweede kind!

Emo het dié opwindende nuus op Facebook en Twitter gedeel met ’n foto van ’n broodjie in die oond en die onderskrif “In ander lente-nuus…”

34 emo adams broodjie oond


Die paartjie het hul eersteling, Kadar Zayn, in Julie verlede jaar verwelkom. Sy seuntjie se naam het vir Emo spesiale betekenis.

Emo het dié foto van die Adams-gesin op Kadar Zayn se eerste verjaardag op Instagram gedeel en gesê: “Mamma en Pappa is so lief vir jou.”

34 emo adams gesin 2016


Baie geluk, Emo, Michelle en Kadar Zayn!