Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies, wat gebaseer is op ’n ware verhaal, vertel die storie van ’n stormagtige verhouding tussen ’n ma en haar dwelmverslaafde seun – ’n verhouding wat vir haar uiteindelik te veel word en tot sy moord lei.
Opsomming:
In 2007 het die dood van die twintigjarige Abie Pakkies opslae gemaak in Suid-Afrika, asook wêreldwyd. Die ontstellendste aspek van die moordsaak was dat Abie se ma, Ellen, haar seun vermoor het. Toe advokaat Adrian Samuels die saak aanvaar, was hy vasbeslote om te bewys dat Ellen Pakkies nie ’n keuse gehad het nie. Maar waarom het sy ophou hulp soek? Hoe word ’n ma desperaat genoeg om haar eie seun se lewe te neem?
Die film, Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies, wat oor twee tydlyne afspeel, delf in die innerlike psige van ’n familie wat deur dwelms vernietig word in een van die armste en gevaarlikste gemeenskappe in Suid-Afrika.
Rolverdeling:
Jarrid Geduld
Jill Levenberg
Elton Landrew
Clint Brink
Kay Smith
Ilse Klink
Russel Savadier
Agter die skerms:
Regisseur: Daryne Joshua
Vervaardigers: Paulo Areal en Schalk-Willem Burger
Oorspronklike draaiboek: Amy Jephta
Uitvoerende vervaardiger: Paulo Areal
Kinematograaf: Zenn van Zyl, SASC
Redigeerder: C.A. van Aswegen
Kostuumontwerp: Dihantus Engelbrecht
Kunsregisseur: Bathoni Robinson
Oorspronklike klankbaan: Quinn Lubbe
Ellen, die Storie van Ellen Pakkies: Foto’s