Opsomming:
’n Klein kerkgemeenskap word verenig deur die vooruitsig van groot roem.
Na afloop van ’n gewone erediens word pastoor Miriam Moses genader deur ’n onverwagse besoeker van Kaapstad wat haar inlig dat sy radiostasie hulle Kersfees-erediens op nasionale radio wil uitsaai. Pastoor Miriam en die kerkraad is eers skepties, maar saam besluit hulle om tog die geleentheid aan te gryp. Die kerkraad en allerlei interessante gemeentelede, soms met hul eie agendas, is baie opgewonde oor die vooruitsig van ongekende roem en beraam allerhande planne om hul beste voetjie voor te sit, vir hulle groot Kersfees-gebeurtenis.
Draadloos is ’n storie van ’n kerk-familie wat uiteindelik saamstaan in die wil om te oorwin en weer nuwe lewe in hulle gemeente te blaas.
Rolverdeling:
Pastoor Miriam – Sandi Schultz
Suster Carol – Schelaine Bennett
Suster Bernice – Pulane Sekepe
Auntie Milly – Shaleen Surtie-Richards
Moses Moses – Simon Bruinders
Pastoor Jacquey – Solomon Cupido
Broer John – Duncan Johnson
Radio-omroeper – JP Keyter
Barry Messelaar – Bradley Oliver
Spotty – Johnny Potsanyane
Stefanus – Johan Hendrikz
Agter die skerms:
Draaiboek – Candice Johannes
Regisseur – Hannes Muller
Draadloos: Foto’s