web uni tv guide
web uni tv guide

Op Pad Met My Potjie

144DramaPG

Varkvleis- en rooikoolpotjie: Omaruru – Op pad met my potjie

Nuus26 Desember 2025
 ’n Heerlike potjie om oor die naweek te probeer.
Op pad met my potjie S2 Ep 5 Article Image

Varkvleis- en rooikoolpotjie

1 medium kop rooikool

4 - 6 varkpote

1 kg varknek, in stukke gesny

500 g pasta van jou keuse

1 groot gekapte ui

250 g gekapte spek

’n paar eetlepels olyfolie

1 teelepel sout

5 eetlepels suiker

50 – 100 ml wit asyn

3 eetlepels Roast Spice-mengsel (onder meer mosterdsade, peper, koljander, naeltjies, loerierblare en gemmer)

1 groot Golden Delicious-appel, geskil en gesny

Worcestershiresous of 1 biefekstrakblokkie

250 ml rooiwyn

 

Maak die varkpote goed skoon en maak seker al die hare is verwyder. Sny die wit stam van die kool uit en sny dan die koolblare in repies. Skil die appel en sny in dun stukke. Kap die uit en spek in blokkies.

Plaas die uie en spek in die potjie met die olyfolie en sout. Braai tot goudbruin. Voeg die pote en varknek by en braai tot bruin. Voeg bietjies water by om te keer dat dit brand.

Plaas die rooikool in ’n aparte pot en voeg die water, asyn, Roast Spice-mengsel en sout by. Laat dit prut tot die kool sag is, ongeveer 25 tot 30 minute. Voeg die appel en Worcestershiresous of biefekstrak by en maak seker daar is genoeg water by om te keer dat dit vasbrand.

Wanneer die vleis sag is, voeg die pasta en genoeg water om dit te bedek by. Proe en geur soos nodig. Kook tot die pasta sag is. Moenie dit pot roer terwyl dit kook nie. Wanneer die pasta gaar is, kan die kool bygevoeg word. Voeg die rooiwyn by en laat die potjie vir nog ’n paar minute prut. Bedien warm.

Skakel Vrydae om 18:30 in vir splinternuwe episodes van Op pad met my potjie. Jy kan ook saam gesels op FacebookInstagramTikTok en X deur die hutsmerk, #OpPadMetMyPotjie te gebruik.