Logo

Geroosterde kekerertjies

01 Oktober

4 porsies

Vegetaries

2

Dié gereg, soos voorberei deur koskonsultant Heleen Meyer in Die GROOT Ontbyt, is aangepas uit Cooking from the heart 2. Foto: Heleen Meyer

DGO-Kekerertjies
Bestanddele

Geroosterde kekerertjies met speserye

1 t komyn gemaal

1 t koljander gemaal

1 t komynsaad

1,2 t kaneel gemaal

1 t paprika

2 e olyfolie of avokado-olie

2 t suurlemoenskil fyngerasper

1 blikkie kekerertjies gedreineer

Jogurtsous

1,2 k jogurt ongegeur

1 knippie komyn gemaal

1 t suurlemoenskil fyngerasper

2 e vars kruie soos kruisement en koljander

Om mee voor te sit

200 g kersietamaties gehalveer

1,2 komkommer in blokkies gesny

1 rooi soetrissie in blokkies gesny

4-6 eiers

2 avokado in dun skyfies gesny

suurlemoenwiggies

Metode

1. Kekerertjies: Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

2. Druk die kekerertjies droog met kombuispapier – dit maak die roosterproses meer effektief.

3. Meng die speserye, olie en suurlemoenskil saam in ’n mengbak en roer die kekerertjies deur. Skep dit op die bakplaat en versprei eweredig.

4. Rooster vir 20-25 minute of tot bros en goudbruin. Haal uit die oond en laat afkoel.

5. Jogurtsous: Meng al die bestanddele saam. Hou dit eenkant.

6. Meng die tamaties, komkommer en soetrissie saam om as ’n salsa voor te sit.

7. Bak die eiers in ’n pan volgens elkeen se smaak.

8. Sit 1-2 eiers per persoon met die geroosterde kekerertjies, jogurtsous, salsa, avokado en suurlemoenwiggies voor.

Wenke:

1. ’n Handvol ekstra vars kruie, soos kruisement- en koljanderblare of Italiaanse pietersielie is heerlik met die res van die bestanddele van die gereg.

2. Die geroosterde kekerertjies is heerlik oor enige slaai, sop of geroosterde groente. Bêre in ’n lugdigte houer vir 1-2 dae. Dit sal ’n bietjie sag word, maar rooster dit weer vir ’n paar minute vinnig in ’n warm oond of pan om dit bros te maak.

3. Onthou om nie die vloeistof waarin kekerertjies geblik word, weg te gooi as jy dit gedreineer het nie. Vries dit en gebruik as ‘aftreksel’ vir ’n volgende keer se sop of bredie.

DGO-Frittata-en-Jogurt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-08-27

Aartappel-&-kaasfrittata en appels met Rooibos-jogurt

Nog resepte