Logo

Aartappel- en appelkoekies met kruie

30 Julie

Lewer 4 - 6 porsies

Vegetaries

5

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Maak vyf. Foto: Heleen Meyer

DGO_30 Julie
Bestanddele

4 medium aartappels (met die skil aan)

1 Pink Lady® appel (met skil aan)

30 ml suurlemoensap

80 ml Air-Dried Fruit & Veg gedroogde uie

60 ml koekmeel

2 ekstra groot Nulaid-eiers (geklits)

45 ml vars origanum of tiemie (gekapte)

sout en peper

45 ml olyf- of avokado-olie (vir braai)

Metode

1. Rasper die aartappels en appel grof in ’n groot mengbak. Werk vinnig sodat dit nie verkleur nie. Druk al die oortollige vloeistof uit. Roer die suurlemoensap deur die aartappels en appel.
2. Voeg die res van die bestanddele by, buiten die olie, en geur na smaak.
3. Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n braaipan (bv. ’n AMC 28 cm Chef’s Pan). Skep lepelsvol van die mengsel in die pan en druk dit effens platter. Braai aan weerskante tot goudbruin. Sit ’n deksel op en prut vir 3-5 minute of tot gaar.
4. Dreineer op kombuispapier en herhaal met nog olie en die res van die mengsel. Sit warm of teen kamertemperatuur voor of pak ’n paar koekies in as deel van ’n kosblik.

Wenk:
1. Meng gedreineerde tuna met maaskaas en bedien as ’n bolaag saam met die koekies. Meng van die Air-Dried uie (sien resep) en vars origanum by die maaskaas vir ekstra geur. Of roer tahini (sesamsaad-pasta) na smaak by maaskaas vir ’n vegetariese bolaag.
2. Maak kleiner koekies en gebruik as snoephappies. Skep crème fraîche of gladde maaskaas bo-op en garneer met gerookte salm en kruie. Biltong en avokado is ’n heerlike bolaag. Probeer ook hoemoes, komkommer en kruisement, of tzatziki.

DGO_23 Julie
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
23 July 2018

Indonesiese rysgereg met gebakte eiers