Logo

Oondgeroosterde sampioene

05 April

4 porsies

Vegetaries

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Maak vyf/Make five. Foto: Heleen Meyer

Die Groot Ontbyt
Bestanddele

400 g sampioene van jou keuse, soos portabellini-, bruin-, knopie- en baba-knopiesampioene

30 ml olyf- of avokado-olie

12 - 15 takkies tiemie vars

sout na smaak

peper na smaak

100 g Indezi River Creamery sagte bokmelkkaas

tiemieblare vars (om mee voor te sit)

2 handevol klein slaaiblare, Italiaanse pietersielieblare, roketblare of basiliekruidblare

Metode

1. Voorverhit oond tot 220 °C. Sny of skeur die sampioene in growwe stukke as dit baie groot is. Klein sampioene kan heel gerooster word.
2. Plaas die sampioene en olie in ’n groot mengbak. Meng liggies deur om die sampioene met olie te bedek. Pak in ’n enkellaag op ’n bakplaat en strooi die tiemie, sout en peper oor.
3. Rooster 8-10 minute of tot die sampioene net gaar, maar nog sappig is. Laat afkoel en sit sampioene met sagte bokmelkkaas, tiemieblaartjies en vars kruie soos roket, basiliekruid en Italiaanse pietersielie of sagte slaaiblare voor.

Wenke:
1. Suurlemoensap is ook heerlik met sampioene. Druk ’n skeut sap oor die rou sampioene voor dit gerooster word, of oor die warm sampioene, sodra dit uit die oond kom.
2. As jy nie van bokmelkkaas hou nie, kan jy enige van die koeimelk-kase in die Indezi River Creamery reeks gebruik. Kies ’n geurige kaas soos die Amabutho, (Tilsit-styl) of Kinati (pecorino). Hul ongegeurde bokmelk-jogurt sal ook heerlik met die sampioene wees, sit met lepelsvol voor.

Groot-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-03-22

Laat-ontbyt met pangebraaide sampioene